AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Aug 8, 2019, 5 tweets

AfriForum verwelkom dat Coligny-twee se aansoek om verlof tot appèl toegestaan is afriforum.co.za/afriforum-verw…

#Coligny: @afriforum verwelkom die spesiale verlof wat Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny ontvang het om direk by die appèlhof in Bloemfontein te kan appelleer teen hul skuldigbevinding deur die hoë hof in Mmabatho aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu.

#Coligny: @afriforum het besluit om dié mans se appèlaansoek te befonds nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier persone erken het hy het in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte dié tiener vermoor.

@kalliekriel: @afriforum is dankbaar dat die twee mans nou die geleentheid sal kry om te bewys dat die hoë hof in Mmabatho ernstig fouteer het deur sleutelgetuienis tot hul onskuld te ignoreer en op die storie van ’n leuenaar as enigste ooggetuie te steun.

@kalliekriel #Coligny: @kalliekriel: @afriforum sal ook die res van die twee mans se appèlproses befonds om te verseker dat geregtigheid geskied en te verhoed dat onskuldige mense nie verkeerdelik in die tronk sit nie.

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling