AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Sep 6, 2019, 7 tweets

NVG gaan Malema en Ndlozi vervolg vir beweerde aanranding van polisieman ná AfriForum druk volhou afriforum.co.za/nvg-gaan-malem…

#Malema: Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum vandag in kennis gestel dat hulle Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, gaan vervolg vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD.

#Malema: Dít volg nadat @afriforum in Julie vanjaar aangekondig het dat hulle die hof gaan nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG te verplig om besluite te neem oor die vervolging van Malema rakende hierdie en twee ander hangende sake teen hom.

#Malema en Ndlozi het in April 2018 na bewering ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is.

#Malema: Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat @afriforum AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het nie. #Sukses #Onsvervolg #GerrieNel

#Malema #GerrieNel: “Hoewel ons die NVG se besluit om te vervolg verwelkom, is dit betreurenswaardig dat AfriForum sóveel druk op hulle moet uitoefen om bloot hul grondwetlike plig na te kom."

#Malema #GerrieNel: “Ons sal die verloop van die saak noukeurig volg om te verseker dat geregtigheid vir die klaer geskied." #OnsVervolg

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling