#OnsVervolg: ‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, kondig aan dat sy eenheid ’n mandamus-aansoek op die NGV en die minister van justisie beteken het om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier @Julius_S_Malema
Vervolging van beweerde korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery, wat met die On-Point-skandaal verband hou. Dit volg nadat die NVG vir langer as ’n jaar versuim om sy ondernemings aan AfriForum na te kom en ’n besluit oor Malema se vervolging te neem.
#GerrieNel: het ook bekend gemaak dat AfriForum wel suksesvol druk op die NVG geplaas het om @Julius_S_Malema op twee ander klagtes van onderskeidelik aanranding en die onwettige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied in die teenwoordigheid van 16 000 mense te vervolg.
@Julius_S_Malema #GerrieNel": “Die datum vir die opponering van die mandamus-aansoek is egter eers vir 20 Julie 2020 deur die hof op die rol geplaas."
#GerrieNel: "Deur die saak oor meer as agt maande aan te hoor, verydel die hof die doel van ’n mandamus-aansoek, aangesien ons hiermee bloot die NVG wil verplig om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem."
#GerrieNel: "Dít is ’n besluit wat reeds lank agterstallig is en dit laat vrae ontstaan oor die NVG se onwilligheid om daadwerklik teen Malema op te tree,” sê adv. Nel."
#OnsVervolg: Adv. Nel het ook aangekondig dat sy eenheid ’n nolle prosequi-sertifikaat bekom het om Tom Moyane, voormalige kommissaris van SARS, privaat te vervolg.
#GerrieNel: ’n Nolle prosequi-sertifikaat is bekom om Tom Moyane privaat namens Lerato Maila te vervolg op ’n klag van aanranding met die bedoeling om ernstig te beseer, asook saakbeskadiging.
#GerrieNel: Maila is die ma van Moyane se kleinkind en was tydens die beweerde voorval in ’n verhouding met Moyane se seun.
#GerrieNel: Volgens Maila het Tom Moyane haar in Mei 2018 by sy huis in Roodepoort, Gauteng aangerand deur haar op haar maag te krap, rond te stamp en in die gesig te skop.
Moyane het ook haar selfoon voor die beweerde aanranding teen ’n muur stukkend gegooi toe hy besef dat sy besig is om hom op te neem. Maila het dadelik ná die beweerde voorval haar ma gebel, wat haar aangeraai het om ’n klag by die SAPD te lê.
#GerrieNel: Die #NVG het egter besluit om Moyane nié te vervolg nie, omdat daar volgens die NVG nie genoeg bewyse teen hom is nie
#GerrieNel: “Gesien in die lig van die vlaag geweld teen vroue en kinders in die land is hierdie ’n baie belangrike saak waarby AfriForum se Privaatvervolgingseenheid moet betrokke raak.
#GerrieNel: Sulke beweerde gedrag is aanduidend van ’n boelie en Moyane moet eenvoudig daarvoor verantwoording doen. Die NVG se versuim om hom te vervolg, is ook ’n growwe skending van hul grondwetlike plig om geregtigheid in die samelewing na te streef,” sê adv. Nel.
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
