AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Nov 5, 2019, 9 tweets

.@afriforum AfriForum gaan Senzo Meyiwa se familie verteenwoordig

#SenzoMeyiwa

Adv. #GerrieNel, hoof van @afriforum AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is aangestel as die Meyiwa-familie se advokaat in die moordondersoek na die dood van Senzo.

Dit volg nadat die voormalige Bafana Bafana-kaptein vyf jaar gelede op 27-jarige ouderdom noodlottig in ’n huis in Vosloorus geskiet is en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) tot op hede geen vervolging ingestel het nie.

“Dit is belangrik dat @afriforum by sake soos hierdie betrokke raak – dit is in die hele land se belang dat Suid-Afrika se strafregstelsel na behore funksioneer." @kalliekriel

@kalliekriel @afriforum is ’n teenwig vir staatsverval en dit is ons plig as burgerregtewaghond om toe te sien dat die land se strafregstelsel nie in duie stort nie”- @kalliekriel

“Die Meyiwa-familie het AfriForum om hulp genader om te help om die moord op ons geliefde Senzo Meyiwa op te los." - #SenzoMeyiwa

" Met die hulp van @afriforum AfriForum, wil ons Senzo se nagedagtenis eer deur te verseker dat geregtigheid geskied en sy moordenaars tot verantwoording gebring word." - #SenzoMeyiwa

Die Meyiwa-familie is trots om met ’n organisasie verbind te word wat die waagmoed het om saam met ons standpunt in te neem in die stryd om geregtigheid in hierdie saak.

"Ons doen dus ’n beroep op alle billike Suid-Afrikaners van alle rasse om saam met ons te staan en hierdie ongeregtigheid te beveg" - #SenzoMeyiwa

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling