#AfriForum is vandag in die Landdroshof oor ons haatspraak saak teen Andile Mngxitama en BLF vir hul uitsprake oor “doodmaak van vyf wittes”. Adv. Mark Oppenheimer verteenwoordig ons.
@ErnstRoets getuig ook vandag in dié saak oor haatspraak en plaasmoorde.
Die hofverrigtinge het begin. Die toespraak van “kill five whites” deur Mngxitama word nou gespeel. Sy prokureur het beswaar gemaak teen die vertoning van die video, maar die landdros het beslis dat die video wel gespeel moet word.
Ernst Roets (@ErnstRoets) begin nou met sy getuienis oor haatspraak en plaasmoorde.
"Hoekom is plaasaanvalle/-moorde 'n unieke misdaad? Dit is uniek in terme van die frekwensie, die vlakke van brutaliteit, die rol wat boere in ons samelewing speel en die omstandighede van op 'n plaas woon."
- @ErnstRoets
"Die oorgrote meerderheid moorde in Suid-Afrika is 'social fabric' misdade. Plaasmoorde is per definisie nie 'social fabric' misdade nie. Jy kan dus nie die nasionale moordsyfer met die plaasmoordsyfer vergelyk nie."
- @ErnstRoets
Ernst Roets (@ErnstRoets) deel nou 'n paar van die gruwelike verhale van wrede aanranding en marteling wat in sy boek 'Kill the Boer' gedokumenteer is.
#Plaasmoorde
"Dikwels word die diere of vee van boere ook doodgemaak of vermink. Ons het al gevalle gesien waar vee se senings gesny word, asook gevalle waar honde wreedaardig doodgemaak is."
- @ErnstRoets
Ernst Roets (@ErnstRoets) ontleed tans die BLF-slagspreuk "Land or Death" - en verduidelik waarom dit 'n duidelike geval van haatspraak is.
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
