#TomMoyane: Voormalige hoof van Sars, het vandag vir die eerste keer in die Roodepoort landdroshof verskyn in die privaatvervolgingsaak teen hom. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatverolgingseenheid, vervolg Moyane in hierdie saak.
#TomMoyane: @afriforum se privaatvervolgingseenheid gaan Monyane namens Lerato Maila privaat vervolg vir die aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging ten aansien van haar selfoon.
#TomMoyane: Maila is die ma van Moyane se kleinkind en was tydens die beweerde voorval in ’n verhouding met Moyane se seun.
#TomMoyane: Volgens Maila het Tom Moyane haar op 14 Mei 2018 by sy huis in Roodepoort, Gauteng aangerand deur haar rond te stamp en in die gesig te skop.
#TomMoyane: Moyane het ook haar selfoon, voor die beweerde aanranding, teen ’n muur stukkend gegooi toe hy besef dat sy besig is om hom op te neem. Maila het dadelik ná die beweerde voorval haar ma gebel wie haar aangeraai het om ’n klag by die Honeydew-polisiestasie te lê.
#TomMoyane: Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter reeds op 23 Mei 2018 besluit om Moyane nié te vervolg nie, omdat daar volgens die NVG nie genoeg bewyse teen hom is nie.
#TomMoyane: “Die NVG se versuim om Moyane te vervolg is ’n skending van hul grondwetlike plig om geregtigheid na te streef." sê adv. Elijah Mamabolo, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.
#TomMoyane: "Inteendeel, het die NVG binne slegs nege dae besluit om nie te vervolg nie en ook nie eers met die slagoffer gekonsulteer nie.” sê adv. Elijah Mamabolo
#TomMoyane: "Die vlak van geweld teen vrouens in die land is onaanvaarbaar en die feit dat daar nie dadelik teen Moyane opgetree is nie (ten spyte van ’n prima facie saak teen hom) laat geweldslagoffers in die steek,” sê adv. Elijah Mamabolo
#TomMoyane: “Solank as wat hooggeplaaste staatsamptenare vervolging vryspring weens hul politieke invloed, is daar nie gelykheid voor die reg nie." sê Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum.
#TomMoyane: "Die privaat vervolging van Moyane is in die breër samelewing se belang. Niemand behoort verhewe bo die reg te wees nie, dit is waarom die teenwig van ’n privaatvervolgingseenheid so belangrik is,” sê Natasha Venter
#TomMoyane: Datum vir eerste verskyning van Moyane vasgestel vir 11 Desember 2019 op verskeie voorwaardes.
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
