#DieWêreldMoetWeet: @afriforum het vandag ’n omvattende internasionale veldtog vir die beskerming van burgerregte in Suid-Afrika van stapel gestuur. Verskeie lande op bykans al die vastelande sal as deel van dié veldtog besoek word.
#DieWêreldMoetWeet: Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, sluit onteiening sonder vergoeding in, asook plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se heldeverering van menseregteskenders.
#DieWêreldMoetWeet:
Die veldtog rus op drie bene:
1. Bewusmaking oor die situasie in Suid-Afrika;
#DieWêreldMoetWeet:
2. Steunwerwing onder meningsvormers, regerings en ander besluitnemers; en
#DieWêreldMoetWeet:
3. Mobilisering van die Suid-Afrikaanse diaspora en buitelanders wat ’n belang in Suid-Afrika het om tot sinvolle aksie oor te gaan.
#DieWêreldMoetWeet: @afriforum het ook vandag ’n verslag gepubliseer wat uiteensit hoe minderhede se regte op verskeie terreine in Suid-Afrika geskend word.
#DieWêreldMoetWeet: Dié verslag bevat inligting oor die regering se verwronge persepsie oor demokrasie, minderheidsregte en gelykheid, haatspraak teen minderhede, die aanval op minderhede se eiendomsreg en erfenis, asook die uitfasering van Afrikaans en ander minderheidstale.
#DieWêreldMoetWeet: Die Suid-Afrikaanse regering en die regerende ANC se heldeverering van sommige van die wêreld se grootste menseregteskenders en die gepaardgaande vyandigheid teenoor lande waarin menseregte in ’n groter mate beskerm word, word ook in die verslag uitgewys.
#DieWêreldMoetWeet: Die veldtog sal in Februarie met ’n besoek aan die VSA afskop, waartydens die verslag met verskeie besluitnemers in Washington, D.C. bespreek sal word.
#DieWêreldMoetWeet: Daarna sal die veldtog met verskeie internasionale bewusmakingsaksies voortgesit word, wat besoeke aan lande in Suid-Amerika, Europa, Afrika, Asië en Australië insluit.
#DieWêreldMoetWeet: @afriforum is reeds in gesprek met verskeie regerings en ander besluitnemers in hierdie lande. @afriforum is ook van voorneme om die VN te betrek deur met forums en rolspelers binne die VN te skakel met wie daar nie in die verlede gekorrespondeer is nie.
#DieWêreldMoetWeet: In aanloop tot vandag se aankondiging het AfriForum verlede week ’n klag teen President Cyril Ramaphosa en die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Lindiwe Sisulu, by die VN se spesiale rapporteur oor die situasie ingedien.
#DieWêreldMoetWeet: Dit volg vanweë hul pogings om die wêreld te oortuig dat daar nie plaasmoorde en grondgrype in Suid-Afrika is nie.
#DieWêreldMoetWeet: @ErnstRoets, hoof van beleid en aksie by @afriforum, sê dat AfriForum steeds toegewyd is om Suid-Afrika se krisisse binne-in Suid-Afrika aan te pak en dat die organisasie steeds in voortgesette gesprekvoering glo.
#DieWêreldMoetWeet: “Die praktyk in Suid-Afrika het dit egter duidelik gemaak dat die regering nie in gesprekke belangstel nie en wanneer daar wel gesprekke gevoer word, word daar bloot lippediens met betrekking tot minderhede se regte gelewer." - @ErnstRoets
#DieWêreldMoetWeet: "Ons sal aanhou om hierdie gesprekke te voer, maar ons is ook nie naïef nie. Ons verwag nie van die buiteland om Suid-Afrika se probleme namens die Suid-Afrikaanse regering op te los nie." - @ErnstRoets
@ErnstRoets #DieWêreldMoetWeet: "Daar is egter verskeie metodes wat aangewend kan word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om minderhede se regte meer doeltreffend te beskerm, of selfs om te waarsku oor die moontlike gevolge van destruktiewe regeringsbesluite en -aksies.”
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
