AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Mar 10, 2020, 5 tweets

#StopMalema: Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, word vandag op aanklagte van aanranding verhoor ná volgehoue druk deur @afriforum. NVG vervolg Malema en Ndlozi vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD.

#StopMalema: @afriforum het in Julie 2019 aangekondig dat hulle die hof met ’n mandamus-aansoek gaan nader om die NVG te verplig om ’n besluit oor die vervolging van Malema in hierdie saak te neem.

#StopMalema: Malema en Ndlozi het na bewering ’n senior polisieman in uniform in April 2018 aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is.

#StopMalema: Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisieaandag geniet nie totdat AfriForum se Privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het.

#StopMalema: Saak uitgestel tot 23 en 24 Junie, omdat Malema en Ndlozi se regspan nie gereed was om hulle vandag te verteenwoordig nie.

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling