AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Jun 23, 2020, 12 tweets

@afriforum, adv. Gerrie Nel verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak

@afriforum het vandag aangekondig dat sy privaatvervolgingseenheid, amptelik deur die Botswana-regering aangestel is om dié regering te verteenwoordig in ’n hoëprofielgeldwassery-en-bedrogsaak waarby sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, geïmpliseer word.

Motsepe-Radebe is president Cyril Ramaphosa se skoonsuster en Jeff Radebe se vrou.

Adv. Nel en adv. Phyllis Vorster van @afriforum se privaatvervolgingseenheid is amptelik deur adv. Stephen Tiroyakgosi, Botswana se Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV), aangestel om die Republiek van Botswana te verteenwoordig.

Die mandaat in dié saak is om die Botswana-regering se versoek om wedersydse regshulp te fasiliteer in die saak van die Bank van Botswana wat oor bedrog en geldwassery handel.

Die DOV van Botswana het reeds op 25 September 2019 ’n versoek vir wedersydse regshulp aan die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking (DIRCO) gerig, maar hierdie versoek het intussen gerieflikheidshalwe verdwyn.

Dit volg nadat Motsepe-Radebe geïdentifiseer is as ’n medeondertekenaar van twee bankrekeninge wat ’n gedeelte van die meer as R150 miljard wat na bewering van die Botswana-regering gesteel is om ’n “staatsgreep” voor die nasionale verkiesing in daardie land te finansier.

Daar is ook bewerings teen Motsepe-Radebe dat sy deur middel van Avante Security Services miljoene Botswana pula gewas het om ’n opposisiekandidaat van Mokgweetsi Eric Keabetswe Masisi, Botswana se president, te finansier.

“Die feit dat DIRCO oor nege maande geen terugvoer aan die DOV van Botswana gegee het nie, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse regering onwillig is om ons kliënt met hul versoek te help." - #GerrieNel

Ons sal ingryp en verseker dat ons kliënt die nodige samewerking van die Suid-Afrikaanse regering kry om geregtigheid te laat geskied,” sê adv. Nel.

“Dit is vir @afriforum ’n voorreg om amptelik met die Botswana-regering te kan saamwerk. Dit is noodsaaklik dat ons as mede-Afrikane – wat wil help verseker dat ons kontinent suksesvol is – alles moontlik doen om bedrog en geldwassery uit te roei. " - @kalliekriel

Ons kontinent en sub-kontinent het geweldige potensiaal wat gekortwiek word deur korrupte elite. @afriforum is daarom daartoe verbind om die Botswana-regering se hande te sterk in hierdie noodsaaklike stryd teen korrupsie,” sê @kalliekriel, uitvoerende hoof van @afriforum

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling