.@afriforum stuur veldtog teen TMPD se magsmisbruike van stapel
@afriforum het vandag ’n omvattende veldtog teen die beweerde wangedrag en magsvergrype van sekere lede van Tshwane se metropolisiedepartement (TMPD) aangekondig.
Dié burgerregteorganisasie staan tans ook twee slagoffers van beweerde magsmisbruike deur die TMPD by.
“Kymie du Toit en prof. André Thomashausen het onder beweerde wangedrag van sekere TMPD-lede deurgeloop en niemand is nog verantwoordbaar gehou nie." - #GerrieNel
@afriforum het by hierdie sake betrokke geraak om toe te sien dat die betrokke TMPD-lede aan die pen ry om as voorbeelde te dien vir ander lede van die TMPD wat hul mag misbruik. Ons sal nie skroom om dié lede privaat te vervolg nie,” sê adv. #GerrieNel
Die veldtog bestaan uit drie dele.
Die eerste aksie het behels dat @afriforum se Privaatvervolgingseenheid ’n brief aan lt.genl. Johanna Nkomo, hoof van die TMPD, gestuur het waarin die burgerregteorganisasie versoek het dat:
(1/3) Nkomo ’n aangewysde taakspan aanstel om klagtes teen metropolisielede te ondersoek en wat lede van die publiek deurgaans kan ondersteun as hulle slagoffers van magsmisbruik deur TMPD-lede was;
(2/3) Nkomo ’n geskrewe onderneming aan @afriforum gee dat beamptes teen wie daar prima facie-bewyse van onreëlmatige optrede is sonder betaling geskors sal word; en
(3/3) skriftelike riglyne aan elke TMPD-beampte gekommunikeer word oor watter optrede gemagtig is en wat padgebruikers se regte is.
@afriforum het verder ’n stel handige wenke vir motoriste opgestel oor wat om te doen as hulle deur metropolisielede versoek word om omkoopgeld te betaal of deur beamptes se optrede geïntimideer voel. Dié riglyne is in Afrikaans, Engels en Sepedi beskikbaar.
@afriforum het ook ’n klagteplatform op sy webtuiste bekendgestel waar lede van die publiek klagtes teen TMPD-lede aan @afriforum kan stuur, asook direk aan Nkomo
Dié platform is spesifiek op wangedrag deur lede van die TMPD gemik, maar mense in ander dele van die land wat klagtes oor metropolisielede het, kan hierdie inligting ook via die platform deel.
“AfriForum het groot waardering vir metropolisie wat hul werk pligsgetrou doen en padgebruikers se veiligheid probeer verseker, maar veroordeel die beweerde gevalle van magsmisbruik en wangedrag deur sekere TMPD-lede ten sterkste" - @IanCameron23
"Die burgerregteorganisasie het dié veldtog van stapel gestuur om motoriste en padgebruikers se veiligheid te help verseker deur toe te sien dat die vrot appels in die TMPD verhoed word om die publiek verder te terroriseer,” sê @IanCameron23
.@afriforum het in sy brief aan Nkomo geëis dat die TMPD-lede in Du Toit en Thomashausen se voorvalle – teen wie daar klagtes by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ingedien is – sonder vergoeding geskors word hangende die ondersoek
"Indien dit nie gebeur nie, sal AfriForum genoop wees om die hof te nader om die TMPD te dwing om hul plig na te kom en te verseker dat die publiek teen hierdie tipe optrede beskerm word,” sluit @IanCameron23
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
