.@afriforum HOU NASIONALE PATROLLIE
.@afriforum het op 18 September ’n nasionale patrollie gehou om sigbaarheid reg oor die land vir ’n kort tydperk te verhoog.
Dié burgerregteorganisasie is een van die min instansies wat tans hierdie tipe projekte hou.
Die doel van die nasionale patrollie was om gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer, asook om hoë sigbaarheid en samewerking tussen veiligheidsrolspelers op sowel nasionale as plaaslike vlak te verbeter.
Ongeveer 2 171 @afriforum-lede en 1 849 ander veiligheidsrolspelers het in 2 099 voertuie deelgeneem en altesaam 88 959 km afgelê. Altesaam 159 voorvalle is tydens die patrollie hanteer.
“Misdaad in die land, en veral in die noordstreek, neem drasties toe." - @HillelCoetzer
"Om hierdie rede hou @afriforum projekte soos die nasionale patrollie om te verseker dat verskillende veiligheidsrolspelers betrek word om vir ’n kort tydperk sigbaarheid in die land te verhoog,” sê @HillelCoetzer, @afriforum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.
“@afriforum loods dié nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Joseph Renaud, @afriforum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek.
“@afriforum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en hul veiligheid self te prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik steun om na ons veiligheid om te sien nie." -Joseph Renaud
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
