AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Sep 22, 2020, 9 tweets

@afriforum KAP CELE OOR PRIORITISERING VAN PLAASMOORDE; VERSKERP VELDTOG

@afriforum het vandag skerp gereageer op die stelling van Bheki Cele, Minister van Polisie, dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie.

Dié burgerregteorganisasie beskryf die Minister se stelling as irrasioneel en diskriminerend.

Dit volg nadat Cele gister gesê het dat plaasmoorde nie as prioriteitsmisdade verklaar kan word nie omdat dit bloot verwys na voorvalle van moord, verkragting, aanranding en roof met verswarende omstandighede wat op plase voorkom.

@afriforum het intussen ’n aanlyn petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur. Elke keer wanneer iemand op dié petisie se “Stuur”-knoppie druk, word ’n e-pos direk na Cele se kantoor gestuur.

@ErnstRoets, hoof van Beleid en Aksie by @afriforum, sê dat die Minister se uitdruklike stelling – dat plaasmoorde nie ’n prioriteit is nie – bevestig wat nog al die jare die werklikheid in Suid-Afrika is.

“Die bewering dat dié misdaadverskynsel nie geprioritiseer kan word nie omdat dit bloot ’n verskyningsvorm van ander misdade is, is irrasioneel omdat álle prioriteitsmisdade verskyningsvorme van ander misdade is." -@ErnstRoets

“ Cele se uitspraak is niks anders as diskriminasie teen boere nie, omdat dit klaarblyklik nie by die regerende party se politieke projek inpas om hom met die veiligheid van voedselprodusente te bemoei nie,” voeg @ErnstRoets by.

“Feit is: Plaasmoorde is ’n unieke misdaadverskynsel wat unieke gevolge vir die samelewing as geheel inhou. Dit in sigself is genoeg gronde om dit te prioritiseer.”- @ErnstRoets

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling