.@afriforum WIL TOETREE TOT GEVAARLIKE HOFAANSOEK OOR GRONDBESETTING
.@AfriForum het op 28 September aansoek gedoen om as vriend van die hof op te tree ten einde te argumenteer teen die MRK, die EFF en ander applikante se hofaansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar.
Hierdie aansoek is teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, asook die nasionale polisiekommissaris gebring.
Eerste gedeelte van die EFF en MRK se aansoek is reeds op 25 Augustus aangehoor, die hof het beslis dat die metro verbied word om enige nedersettings te verwoes of mense van grond af te sit terwyl die land in ’n nasionale ramptoestand is tensy hulle ’n hofbevel bekom.
Indien sodanige uitsetting wel uitgevoer word ooreenkomstig ’n hofbevel, moet dit op ’n manier gedoen word wat die waardigheid van die geaffekteerde persone respekteer en hulle besittings veilig hou.
Die metro is verder gelas om boumateriaal terug te lewer, asook om R2 000 aan elke geaffekteerde persoon te betaal. Die metro het reeds aangedui dat hy teen hierdie uitspraak sou appelleer.
Die tweede gedeelte van die aansoek sal op 7 Oktober aangehoor word en sou die aansoek slaag, sal die gemeenregtelike remedies van contra-spolie ongeldig en ongrondwetlik verklaar word in soverre dit voorsiening maak vir die sloop van wonings, hetsy bewoon of onbewoon.
Dit sal verder beteken dat die slagoffers van grondbesetters vier hofbevele ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 (PIE) moet bekom voordat hulle besetters van grond kan laat verwyder.
Die aansoek het ook ten doel dat die hof verklaar die afbreek van sekere wonings deur die metro sonder ’n hofbevel is onwettig, ongeldig en onversoenbaar met die Grondwet.
.@afriforum sal in die hof aanvoer dat die bepalings van PIE slegs in werking tree wanneer grond onwettig betree is en die besetters permanent op die grond woon.
Die gewone gemeenregtelike remedies moet dus steeds geld in gevalle waar onwettige strukture in die proses is om opgerig te word of waar hierdie strukture nog nie bewoon word nie.
“Grondbesettings is nie net ’n bedreiging vir eiendomsreg nie, maar ook vir die oppergesag van die reg en vir algemene stabiliteit in die land. Individue kan nie toegelaat word om die reg op hierdie manier te omseil nie." - @ErnstRoets hoof van Beleid en Aksie by @afriforum
"Niemand mag toegelaat word om enige voordeel uit enige vorm van kriminele aktiwiteite te trek nie. Dit is wat hierdie aansoek sal bereik, sou dit slaag,” sê @ErnstRoets
.@AfriForum se locus standi is gebaseer op Artikel 38 van die Grondwet, aangesien die organisasie in belang van sy lede en in die openbare belang optree.
“@AfriForum beywer hom deurentyd vir die beskerming van eiendomsreg en aangesien dringende uitsettingsbevele ingevolge PIE nie maklik toegestaan word nie, sal hierdie aansoek volgens ons regmatige grondeienaars se regte onnodig skend." - @ErnstRoets
"Selfs al word ’n dringende uitsettingsbevel ingevolge PIE toegestaan, moet dit opgevolg word deur ’n tweede uitsettingsaansoek. Dit dwing ’n grondeienaar op die ou end om vier hofaansoeke teen groot koste te bekom." - @ErnstRoets
By groot uitsettings moet privaat kontrakteurs verder teen ’n groot koste betrek word om die balju by te staan.
"Hierdie onnodige koste in gevalle waar gemeenregtelike remedies toegepas sou kon word, plaas ’n verdere las op grondeienaars om hul grond teen misdadigers te beskerm,” sluit @ErnstRoets af.
Share this Scrolly Tale with your friends.
A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.
