AfriForum Profile picture
Nov 18, 2019 18 tweets 11 min read Read on X
#NGV: @afriforum kondag vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende verslag bekendgestel oor hoekom die inwerkingstelling van nasionale gesondheidsversekering (NGV) in Suid-Afrika ongrondwetlik sal wees.
#NGV: Die verslag verduidelik verder waarom die impakstudie waarop NGV gegrond is, totaal ontoereikend is en die wetsontwerp dus tersyde gestel moet word.
#NGV: “Volgens die verslag maak Artikel 27 van die Grondwet net voorsiening vir toegang tot gesondheidsorg. Dit meld nêrens dat die staat verplig is om gesondheidsorg aan almal te voorsien nie.” sê @NatashaVenter90, AfriForum se woordvoerder vir NGV. Image
#NGV: “Trouens, as die regering se inmenging hierdie toegang verhinder, is dit ongrondwetlik.” - sê Natasha Venter Image
#NGV: "Wanneer ’n mens die huidige toedrag van sake in die gesondheidsdepartement oorweeg, het die staat beslis nie die kapasiteit om gesondheidsdienste aan almal in die land te verskaf nie.” - sê Natasha Venter Image
#NGV: “Dit beteken dus dat dit ongrondwetlik sal wees vir die staat om beheer oor die privaat gesondheidsektor oor te neem,” sê Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder vir NGV.

#JouGesondheid #AfriForum
#NGV: Die regering plaas die skuld vir die swak gehalte van gesondheidsorg wat die staat bied, op die privaat gesondheidsbedryf en diegene met mediese fondse.

#JouGesondheid #AfriForum
#NGV: “In werklikheid word hierdie mense benadeel deur staatsinmenging en wanbesteding. Hul belastinggeld word reeds deur die departement van gesondheid wanaangewend en dan verkwalik die regering hulle omdat hulle privaat mediese dienste op hul eie onkoste aanskaf.” - sê Venter
#NGV: Dit is verder grootliks die regering se toedoen – naamlik die oorregulering van die sektor – dat privaat mediese sorg só duur is,” sê Venter verder.
#NGV: Hierdie nege departemente is almal skuldig aan onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde besteding, met altesaam meer as R5,8 miljard se verkwisting in die 2017/2018-finansiële jaar. Hierdie inligting is uit die departemente se jaarverslae bekom.
#NGV: Die eerste klagtes gaan direk ná die mediakonferensie teen die hoof van die Gautengse departement van gesondheid ingedien. Volgens hul jaarverslag het dié departement byna R1,4 miljard in die 2017/2018 finansiële jaar wanbestee.

#JouGesondheid #AfriForum
#NGV: “Dit is duidelik dat die regering se voorgestelde NGV-skema polities gemotiveer is en dat dit nie die gesondheidsuitkomste van die armste en kwesbaarste lede van die samelewing wesenlik sal verbeter nie." sê Monique Taute, AfriForum se hoof van se teenkorrupsie-eenheid.
#NGV: Die misbruik van belastingbetalers se geld is ’n nasionale krisis. Hierdie skema sal net tot die krisis bydra." - sê @monique_taute Image
#NGV:"Dit is tyd dat belastingbetalers druk op die Nasionale Vervolgingsgesag plaas om voorbeelde te maak van departementshoofde wat nie hul pligte nakom nie. Hulle is van die grootste oortreders wat die misbruik van belastingbetalergeld betref,” sê Monique Taute

#JouGesondheid
#NGV: Die feit dat die regering onlangs ’n teenkorrupsieforum vir gesondheidsorg gestig het, dui op die enorme omvang van die korrupsie en wanbesteding in die gesondheidsdepartement.

#JouGesondheid #AfriForum Image
#NGV: “AfriForum hoop dat hierdie forum daadwerklik sal optree in die hantering van hierdie klagtes, asook die uitwissing van ander korrupsie en bedrog in hierdie departement,” sluit Taute af. Image
#NGV: AfriForum moedig die publiek aan om die nodige druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas:

SMS jou naam na 45344 (R1) of onderteken die klagtes op AfriForum se webtuiste by stopkorrupsie.co.za.

#JouGesondheid #AfriForum
#NGV: @afriforum moedig ook die publiek aan om NGV verder teen te staan deur hul mandaat vir AfriForum te gee en op AfriForum se webtuiste by jougesondheid.co.za kommentaar teen NGV in te dien.

#JouGesondheid #AfriForum

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(