AfriForum Profile picture
Feb 19, 2020 22 tweets 15 min read Read on X
#Plaasmoorde: @afriforum en die familieboerorganisasie Saai gee regstreeks om 12:00 trerugvoer oor AfriForum se 2019-statistiek oor plaasaanvalle en moorde. Image
#Plaasmoorde: Vanuit die data wat @afriforum oor dié kwessie ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het ’n aansienlike laer toename gehad (drie gevalle).

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet Image
#Plaasmoorde: Volgens Lorraine Claasen, @afriforum se misdaadanalis, was daar 552 plaasaanvalle in 2019 teenoor 2018 se 433 gevalle. Dit is ’n toename van 27%.

#StopDieMoorde Image
#Plaasmoorde: “Byna 1 000 mense was slagoffers in hierdie 552 plaasaanvalle. In 2019 was daar 57 plaasmoorde, en hoewel elke plaasmoord ’n tragedie is, is dit slegs drie meer as in 2018." - sê Lorraine Claasen, @afriforum se misdaadanalis,

#StopDieMoorde
#Plaasmoorde: "Die Vrystaat is die provinsie met die meeste getal moorde (11), terwyl 30% van die plaasaanvalle in Gauteng plaasgevind het.” - sê Lorraine Claasen.
#Plaasmoorde: “AfriForum se data bewys dat landelike gemeenskappe besig is om terug te baklei en meer weerbaar te word." - sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. Image
#Plaasmoorde: "Dit is duidelik dat ons nie op die regering kan staatmaak om maatreëls in plek te stel om landelike gemeenskappe te beveilig nie, daarom is dit so belangrik dat mense weet hoe om hulself te beskerm." - sê Ian Cameron

#StopDieMoorde
#Plaasmoorde: "Die reusestyging in plaasaanvalle in 2019 wys dat die polisie nie die vermoë of kapasiteit het om geweldsmisdaad op plase te keer nie. Dít beteken dat jy in ’n gewelddadige plaasaanval heel moontlik op jouself aangewese gaan wees." - sê Ian Cameron Image
#Plaasmoorde: "@afriforum het vir hierdie doel 150 gemeenskapsveiligheidstrukture (met meer as 12 000 aktiewe veiligheidslede) landwyd op die been gebring wat saamwerk. AfriForum bied ook veiligheidsopleiding aan sy lede om hulle meer weerbaar te maak." - sê Ian Cameron
#Plaasmoorde: "As jy jouself kan verdedig, kan jy jou gesin verdedig; as jy jou gesin kan verdedig, kan jy jou bure verdedig; wanneer bure mekaar verdedig, verdedig hulle hul gemeenskap,” - sê Ian Cameron

#StopDieMoorde Image
#PlaasMoorde: Dit is vir die organisasies ook kommerwekkend dat die gevalle van verkragting tydens plaasaanvalle in 2019 toegeneem het.

#StopDieMoorde Image
#Plaasmoorde: “Die polisie en politici maak gereeld uitsprake oor die krisis van geweldsmisdade teen vroue en kinders in die land; tog neem dit jaar na jaar toe."- sê Cameron.

#StopDieMoorde Image
#Plaasmoorde: "’n Verantwoordelike, goed opgeleide en wetsgehoorsame vrou met ’n geweer op ’n plaas maak egter die speelveld gelyk teen enige verkragter, selfs al is hy dubbel so groot soos sy,” - sê Cameron.

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet
#Plaasmoorde: Volgens dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai en ook die president van die Wêreldlandbou-organisasie, is daar ’n duidelike gebrek aan politieke wil om plaasaanvalle te bekamp.

#StopDieMoorde Image
#Plaasmoorde: “Misdade teen familieboere is nie uniek aan Suid-Afrika nie, maar die aard van aanvalle en die aanhitsing tot geweld is wel iets wat ons onderskei.” - sê dr. Theo de Jager.

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet Image
#Plaasmoorde: Volgens die Verenigde Nasies se voedselagentskappe is familieboere in die beste posisie om van die wêreld se grootste uitdagings – wat die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte geïdentifiseer is – die hoof te bied.

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet
#Plaasmoorde: Dit is waarom die Verenigde Nasies Resolusie 72/239 aanvaar het, wat daarop gemik is om ’n hernude politieke verbintenis tot die ondersteuning van familieboerderye te skep, asook beleide ten gunste van familieboerderye daar te stel.

#StopDieMoorde
#Plaasmoorde: “Binne dié konteks het Saai ’n resolusie opgestel om familieboerderye te beskerm en wat staatspartye oproep om misdade teen familieboere te beveg." - sê De Jager. Image
#Plaasmoorde: "Saai het reeds met sy internasionale veldtog begin om steun vir dié resolusie te werf en sal sigself daarvoor beywer dat die resolusie by die VN se algemene vergadering in September 2020 voorgelê word,” - sê De Jager.

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet
#Plaasmoorde: Hoewel die polisie die afgelope paar jaar statistieke oor sowel plaasaanvalle as -moorde begin bekendmaak het, bly dit belangrik dat organisasies soos AfriForum aanhou om inligting oor plaasaanvalle en -moorde in te samel. Image
#Plaasmoorde: “Dit is belangrik dat organisasies soos AfriForum en Saai aanhou om die epidemie van plaasaanvalle op plaaslike en internasionale vlak te beveg" - sê Cameron Image
#PlaasmoordeL "Om te probeer verseker dat landelike gemeenskappe die nodige bystand en beskerming kry om vry, veilig en voorspoedig voort te bestaan,”- sluit Cameron af.

#StopDieMoorde #DieWêreldMoetWeet

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(