Oorwinning vir gelykheid voor die reg: NVG gaan Jiba vervolg ná volgehoue druk deur @afriforum
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het @afriforum se privaatvervolgingseenheid skriftelik in kennis gestel dat dit adv. Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, gaan vervolg.
Hierdie ommeswaai kom nadat @afriforum en adv. #GerrieNel die NVG in November 2019 met ’n mandamusaansoek gedreig het om ’n besluit oor die vervolging van Jiba te neem.
Die privaatvervolgingseenheid het ’n geruime tyd gelede reeds aangekondig dat dit Jiba privaat wil vervolg.
Die NVG het ook aan @afriforum se privaatvervolgingseenheid die versekering gegee dat die dossier teen Jiba veilig in ’n kluis is en nooit weg was nie. Dit volg ná bewerings in die media dat die dossier vermis is.
Jiba se vervolging kom nadat @afriforum se privaatvervolgingseenheid aangedui het dat adv. Nel vir adv. Jiba namens genl. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, vir bedrog en meineed sou vervolg.
Jiba word allerweë bestempel as iemand wat in oudpres. Jacob Zuma se binnekring was.
Volgens getuienis voor die Zondo-kommissie het Jiba boonop geld van Bosasa ontvang. Die NVG het egter tot nou toe geweier om ’n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik óf om Jiba self te vervolg.
“Die NVG se ommeswaai om adv. Jiba uiteindelik te vervolg, is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal in die land wat in gelykheid voor die reg glo en wat teen staatskaping gekant is." - @kalliekriel
"Dit is egter jammer dat die privaatvervolgingseenheid eers soveel druk op die NVG moes uitoefen om bloot hul werk te doen en prima facie-sake te vervolg.” - @kalliekriel
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
Vandag hou ons ’n optog om teen die Bela-wet protes aan te teken. Ons stap vir ons kinders.
#StopBela
#LosOnsKindersUit
Die optog het begin by die Voortrekkermonument en geëindig by Freedom Park waar ons die regering sal ontmoet om ’n memorandum aan hulle te oorhandig.
Bela is ’n verbreking van die 1994-ooreenkoms. Ons wil die regering dus ontmoet by die plek wat die regering gebou het om die oorgang na ’n demokratiese bestel in 1994 te simboliseer.
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.
@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.