AfriForum Profile picture
Aug 20, 2020 21 tweets 6 min read Read on X
.@afriforum gaan Minister van Justisie dwing om op te tree in Botswana-saak
(1/2)
AfriForum het vandag aangekondig dat die privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, ’n mandamus-aansoek teen onder andere Ronald Lamola, Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Image
(2/2)
gebring het om dié Departement te dwing om die wedersydse regshulp te fasiliteer in die geldwassery-en-bedrogsaak waarby die sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, skoonsuster van pres. @CyrilRamaphosa en vrou van Jeff Radebe, geïmpliseer word.
.@afriforum het in Junie vanjaar aangekondig dat adv. Nel en adv. Phyllis Vorster van die privaatvervolgingseenheid amptelik deur die Botswana-regering aangestel is om hulle in hierdie saak te verteenwoordig.
.@afriforum se mandaat in hierdie saak is om die Botswana-regering se versoek om wedersydse regshulp te fasiliteer in die saak van die Bank van Botswana wat handel oor bedrog en geldwassery.
Dít volg nadat adv. Stephen Tiroyakgosi, Botswana se Direkteur van Openbare Vervolging, reeds op 25 September 2019 ’n versoek vir wedersydse regshulp aan die Suid-Afrikaanse regering gerig het, maar hierdie versoek het na bewering gerieflikheidshalwe verdwyn.
’n Nuwe versoek is voorberei, maar die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerkende Regering (DIRCO) weier egter om hierdie aansoek te aanvaar aangesien hulle “in lyn met COVID-19-regulasies” geen dokumente aanvaar nie.
(1/3)
“Die Departement van Justisie se versuim om te reageer op die versoek vir wedersydse regshulp van ’n buurland met betrekking tot beweerde korrupsie is heeltemal teenstrydig met die uitlatings van Minister Lamola en die regering in die media dat hulle ernstig daaroor is om
(2/3)
diegene wat hulself skuldig maak aan korrupsie, aan te vat. Dit ontlok ’n nadelige afleiding dat pres. Ramaphosa vir Lamola aangestel het as voorsitter van ’n interministeriële komitee om korrupsie te ondersoek en
(3/3)
dui verder daarop dat die regering se sogenaamde geveg teen korrupsie bloot lippetaal is. Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat slegs hooggeplaaste individue met politieke konneksies oorgesien sal word vir korrupsie,” #GerrieNel Image
.@afriforum en privaatvervolgingseenheid het ook terugvoer gegee oor twee ander internasionale sake waarin die Direkteur-generaal van Justisie se daadwerklike optrede versoek is, maar geen terugvoer nog ontvang is nie: (A) #Karegeya (B)#GraceMugabe
(A) #Karegeya
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in September 2019 lasbriewe bekom vir die arrestasie van twee van die vier vermeende moordenaars van kol. Patrick Karegeya, voormalige intelligensiehoof van Rwanda.
Die NVG het op daardie stadium aangedui dat hulle in proses is om aansoek te doen vir die uitlewering van Ismael Gafaranga en Alex Sugira.
Dít volg nadat adv. Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid die Karegeya-familie bygestaan het in die informele geregtelike ondersoek na die dood van Karegeya.
Die Randburgse landdroshof het in April 2019 die saak terugverwys na die NVG om te besluit of hulle die verantwoordelike verdagtes, soos beslis in die hof se bevinding, gaan vervolg.
(1/2) Die privaatvervolgingseenheid het op 10 Julie 2020 ’n skrywe gerig aan adv. Jacob Skosana, Direkteur-generaal (DG) van die Departement van Justisie waarin versoek is dat die DG bevestig of daar al met die uitleweringsproses begin is,
(2/2)
asook watter stappe gedoen is om die uitlewering te verseker. @afriforum het ook afskrifte van die “rooi kennisgewing” versoek waarvoor die NVG by Interpol moes aansoek doen.
(B) #GraceMugabe
Die NVG het @afriforum se privaatvervolgingseenheid in April 2019 ingelig dat hulle besluit het om aansoek te doen om Grace Mugabe aan Suid-Afrika uit te lewer.
Grace Mugabe het in 2017 vir Gabriella Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangerand en ernstig beseer.
Die NVG het die privaatvervolgingseenheid op 2 Junie 2020 in kennis gestel dat die versoek vir die uitlewering van die beskuldigde na die Departement van Justisie verwys is vir bevestiging en versending na die Zimbabwiese regering in Julie 2019.
.@afriforum het hier ook versoek dat die DG die vertraging verduidelik, asook die stappe bekend maak wat die Departement gevolg het om die uitlewering te bewerkstellig. Tot op hede is daar nog geen terugvoer vanaf die DG ontvang nie.

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(