AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Oct 10, 2019, 19 tweets

#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Ons is terug van 'n etebreek, maar landwyd is daar kinders wat hul enigste ete van die dag by die skool kry."

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Veel van wat opgebou is, is tans vernietig, verval en vervalle. Maar met eenheid van wil en eenheid van kragte kan daar weer opgerig word wat tans in die stof lê.” - Uit #PaulKruger, 29 Junie 1904 se laaste boodskap.

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Die belangrikste woord van Paul Kruger se afskeidswoorde is, MAAR. Baie wat gebou is, is vernietig, maar met 'n eenheid van wil en krag kan dit wat in die stof is weer opgebou word."

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Ons praat van ‘n toekomsberaad – maar vir wie bou ons? Vir wie bring ons hoop?"

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "As dit vir onsself is, laat ons dit nie doen nie. As ons alleen vorentoe gaan, laat ons nie begin nie. As ons hulle wat kwesbaar is saamvat laat ons dan doen wat ons hand vind om te doen – vir ons, maar ook vir hulle."

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Afrikanerarmoede word nie minder nie, dit word meer. Ons moet bou en voortbou. Die aanspreek van armoede moet op alle vlakke wees, fisies, geestelik en kultureel."

#Toekomsberaad

@NoethHannes #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Wanneer ons vergader word daar aan ons mense op allerhande wyses gekap, gebrand, getrap – maar juis daarom is ons hier – om te saai en te oes, om te luister en te werk, om te bou wat hou, om nie te wag nie, maar te doen."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Die groei in die Studiefondsentrum waaruit studente gehelp word om te studeer is ‘n riem onder die hart. In 2015 word R25 miljoen verdeel vir die jaar en in 2019 is ons by ongeveer R41 miljoen."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Die droom was om teen 2020 ‘n studiefonds te bou van 160 miljoen en ons is dankbaar om te kan terugvoer gee dat ons fonds staan op 185 miljoen. Sedert 2015 is ‘n bedrag van R145,1 miljoen aan studente uitbetaal."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "In 2015 kon ons meld dat ons voedingsprojekte vir 4 000 kleuters daagliks versorg. In 2019 kan ons noem dat hierdie getal is nou 8 000 en ons werk na 12 000 in die volgende paar jaar."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes: "Koop 'n #Afrikaanse #StopHonger-stafie, sit dit in jou kind se kosblik en weet dat jy 'n ander kind daarmee voed."

#Toekomsberaad @solhelpendehand

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
Stophonger – ‘n Projek waar daar spesifiek fondse ge-in is vir die versorging van kinders.
Helpjag – ‘n Projek waar ons in 2019 23 ton vleis kon verdeel.

#Toekomsberaad @solhelpendehand

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
"In 2015 het ons 14 winkels gehad. In 2019 het ons, ons 50ste winkel oopgemaak het. Die winkels dra by tot ons sentrums, ons studielenings en skep werk vir ons kontrakteurs en skep 'n wonderlike netwerk binne HH."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
"HH het tans 150 takke in 10 streke wat gefokus is daarop om die funksionering van ons aktiwiteite so doelgerig en vaartbelyn moontlik te maak. Ons het ongeveer 40 000 ondersteuners wat saamwerk aan ons doel en strewe."

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
Die ontwikkeling van ons maatskaplike struktuur is wesenlik, daarsonder sal ons nie n gemeenskapsontwikkelingsplan kan neersit nie. Die ontwikkeling van ‘n maatskaplike gemeenskapsontwikkelingsplan vir die Afrikaner.

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
- Maatskaplikke werkers moet groei van 10 na 30+ (In 2015 was daar 1)
- Elke streek moet ‘n eie maatskaplike werker hê
- In soveel moontlik van die anker-dorpe n maatskaplike kantoor.

#Toekomsberaad

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
Die ontwikkeling en uitbreiding van nasionale projekte moet voortgaan en verder ontwikkel word:
oHelpjag
oHelpHetta
oFrouevonds
oTassie
oStopHonger
oHelpmekaar

#Toekomsberaad @solhelpendehand

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
“Veel van wat opgebou is, is tans vernietig, verval en vervalle. Maar met eenheid van wil en eenheid van kragte kan daar weer opgerig word wat tans in die stof lê” - #PaulKruger

#Toekomsberaad @solhelpendehand

@NoethHannes @solhelpendehand #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@NoethHannes:
"Eenheid van wil. Eenheid van krag. So gaan ons saam vorentoe."

#Toekomsberaad @solhelpendehand

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling