AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Oct 10, 2019, 9 tweets

#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6 : "Waarom is ons hier? Ons is hier om planne vir ons toekoms en die toekoms van ons kinders aan te kondig. Dit gaan vir ons oor die voortbestaan van Afrikaners, en daarom ook van Afrikaans, hier aan die suidpunt van Afrika."

#Toekomsberaad

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6 : "Wat ook baie interessant is, is dat net meer as die helfte van Afrikaners (53% om presies te wees) in slegs 10 dorpe en stede gekonsentreer sal wees."

#Toekomsberaad

@bpuys6 @bpuys6 :"Die meeste Afrikaners gaan teen 2031 in 28 dorpe bly. Indien ons daarin slaag om gemeenskapsruimtes te vestig en verdere trekfaktore soos werk en veiligheid kan bewerkstellig, kan tot soveel as drie uit elke vier Afrikaners in een van hierdie dorpe woon.."

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6 : "Orania se eie syfers dui op ’n sterk positiewe inwonergroeikoers, met ’n 11%-bevolkingsgroei sedert 2016 en ’n groeikoers van byna 13% in permanente werksgeleenthede."

#Toekomsberaad

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6: "Hierdie behoefte aan netwerkvorming skep geleenthede vir entrepreneurs om byvoorbeeld pendeldienste na en van ankerdorpe te bedryf. Die plan self skep dus nuwe ekonomiese geleenthede."

#Toekomsberaad

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6: "Een knooppunt wat binne die ankerdorpgemeenskapsnetwerk gevestig moet word, is ’n gemeenskapsforum."

#Toekomsberaad

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6: "Dié forum sal koördinering tussen konsentrasiebuurte moontlik maak deur ’n platform te skep waar burgerlike instellings en rolspelers soos skole, kerke, buurtwagte en sakekamers planne kan beraam en uitvoer."

#Toekomsberaad

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6: "Dit gaan nie vanself gebeur nie; ons sal hard moet werk. Ons toekoms hang van ons eie pogings af en nie van die regering of enigiemand anders se insette of goedkeuring nie."

#Toekomsberaad @afriforum

@bpuys6 #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@bpuys6: "Wie weet? As hierdie bome sterk en lowergroen staan, sal selfs die voëls wat in afgeleë bome gaan nesmaak het dalk weer hul tuiste en toekoms hier aan die suidpunt van Afrika kom vind."

#Toekomsberaad @afriforum

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling