AfriForum Profile picture
AfriForum sorg dat jou gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede toenemend geïgnoreer word.

Mar 18, 2020, 27 tweets

.@afriforum en @SBeweging het vandag omvattende planne bekend gemaak om Covid-19
te bestry. Die Beweging het ook ʼn aanbod aan die regering gemaak om saam te werk om
die verspreiding van die virus te keer en die impak van die drastiese maatreëls te versag.
#OnsKoronaPlan

Volg ons regstreeks hier: facebook.com/watch/live/?v=…

Die planne behels ʼn korona-krisissentrum, samewerking met die regering se rampbestuursentrum, veiligheidstrategieë, maatskaplike ondersteuning aan
gemeenskappe, hulp met opsporing, ondersteuning aan skole, ouers en leerlinge, hulp en inligting aan mense in werkplekke.

@flip_buys, voorsitter van die @SBeweging -" #COVID19SouthAfrica kan ʼn nuwe wêreld
inlui. Hierdie virus kan ʼn nuwe verwysingspunt in die wêreldgeskiedenis word. Dit kan ongelooflike ekonomiese en staatkundige gevolge hê. Die @SBeweging gaan in krisisbestuursrat.”

.@afriforum en @SBeweging het ook bekend gemaak dat ʼn krisiskomitee op ʼn daaglikse basis sal vergader om aksieplanne volgens die nuutste inligting te implementeer.
#OnsKoronaPlan

@kalliekriel, uitvoerende hoof van @afriforum - “Politieke en ideologiese verskille moet nou vir eers agtergelaat word. SuidAfrika het nou een gemeenskaplike vyand en dit is Covid-19."
#OnsKoronaPlan

@kalliekriel -" die regering se rampbestuursentrum reeds gekontak met ʼn aanbod om te help en saam
te werk."
#OnsKoronaPlan
@eNCA @RekordNewspaper @BeeldNuus @Klankkoerant @RapportSA

.@afriforum se gemeenskapsveiligheidsafdeling het ook ʼn spesiale beheerkamer bekend
gestel wat onder meer veiligheidsverwante uitdagings sal koördineer en sal help met
opsporingspogings.
@OnsKoronaPlan

Volgens @SolidariDirk, bestuurshoof van @solidariteit, is die burgerlike samelewing deurslaggewend in die bekamping van die virus. @solidariteit het ook ʼn koronakrisissentrum in die lewe geroep wat veral mense in werkplekke gaan ondersteun.
#CoronavirusInSA #OnsKoronaPlan

" Die @SBeweging gaan in krisisbestuursrat" - @flip_buys

@kalliekriel - " @afriforum het reeds die regering se rampbestuursentrum gekontak met ʼn aanbod om te help en saam te werk."

#OnsKoronaPlan
@eNCA @RekordNewspaper @BeeldNuus @RapportSA

@solhelpendehand se uitvoerende hoof, @NoethHannes, het sy kommer oor die maatskaplike gevolge van die drastiese stappe uitgespreek.
#OnsKoronaPlan

Een voorbeeld is die 8 000 kleuters wat @solhelpendehand elke dag kosgee wat skielik nie meer toegang tot maaltye het nie. @NoethHannes het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om te help om die dreigende maatskaplike krisis te help hanteer.
#OnsKoronaPlan

Die @SOS_Skole het ook bekend gemaak dat die Wolkskool duisende video’s, vraestelle en werkkaarte tot einde Junie gratis beskikbaar sal stel om leerlinge te ondersteun om self by die huis te kan werk.

@kalliekriel - " Ons lede maak ons sterker, saam kan ons die virus oorwin." #OnsKoronaPlan #AfriForumKan #SkepSaamHoop

@afriforum en @SBeweging se #Covid-19-krisisplan in ʼn neutedop, is soos volg:
1.Samewerking met die regering - Samewerking op provinsiale en plaaslike vlak word beplan.
#OnsKoronaPlan

2. @solidariteit se #korona-krisissentrum om werknemers te steun.

#OnsKoronaPlan

3. @afriforum se sentrale veiligheidbeheersentrum. #OnsKoronaPlan

4. @afriforum Veiligheid het reeds aangebied om die nasionale rampbestuursentrum te help met opsporing.
#OnsKoronaPlan

5. Volledige planne om die ekonomie steeds te laat funksioneer gaan aan die regering voorgelê word. #OnsKoronaPlan

6. Maatskaplike hulp - @solhelpendehand gaan 15 maatskaplike werkers landswyd gebruik om gemeenskappe in staat te stel om die maatskaplike uitdagings te bowe te kom. #OnsKoronaPlan

7. Hulp aan skoliere en ouers - Die @SOS_Skole gaan tot 30 Junie duisende video’s, werkkaarte, vraestelle en ander hulpmiddels gratis op sy Wolkskool beskikbaar stel om
skoliere in staat te stel om van die huis af te studeer. #OnsKoronaPlan

8. Inligting oor virus deur e-leer en webinare - Solidariteit gaan deur sy S-leer-platform ’n reeks e-leerkursusse aanbied om kinders en volwassenes oor Covid-19 in te lig.
#OnsKoronaPlan

9. Ondersteuning aan die kunste - Die FAK, @maroelamedia , die Solidariteit Beroepsgilde vir die Kunste en @DapperMedia4 gaan planne uitrol om kunstenaars te beskerm.
#OnsKoronaPlan
@eNCA @Klankkoerant @BeeldNuus @RapportSA

10.Nasionale krisiskomitee en interne aksie - Die @SBeweging het ʼn nasionale krisiskomitee gevestig wat daagliks vergader en aksieplanne volgens die nuutste inligting sal aanpas.
#OnsKoronaPlan

Ontvang daagliks die nuutste inligting in verband met die Koronavirus Klik hier: korona.afriforum.co.za
#OnsKoronaPlan

Die Solidariteit Beweging kondig planne aan om Covid-19 te bestry - Lees die plan hier: afriforum.co.za/solidariteit-b…
#OnsKoronaPlan

Share this Scrolly Tale with your friends.

A Scrolly Tale is a new way to read Twitter threads with a more visually immersive experience.
Discover more beautiful Scrolly Tales like this.

Keep scrolling