AfriForum Profile picture
Oct 10, 2019 63 tweets 65 min read Read on X
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys aan die woord om te praat oor die uitdagings tot 2030. "Dit is soms nodig om ander lande te besoek om perspektief te kry op wat in jou eie land gebeur."

#Toekomsberaad Image
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: "Hoekom vlieg Ethiopië ons verby? Hoekom oortref Mauritius ons groei? Hoekom werk Rwanda? Hoekom is politici in Botswana eerlik? Hoekom is Namibië veilig en Zambië vreedsaam? Hoekom word Suid-Afrika weer die muishond van Afrika?"
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: "Omdat ten spyte van sterk mededinging van talle swak regerings wat steeds die kontinent teister, ons bykans die vrotste regering in Afrika het! Dis nie dat hierdie lande nie probleme het nie, maar hulle werk aan oplossings."

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: "Ons regering transformeer die oplossings in probleme. Wat gaan met die ANC-regering aan dat almal vorentoe gaan maar ons agteruitboer? Al waarvan ʼn mens hoor, is straffelose korrupsie op industriële skaal. "

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: "Omtrent al die grafieke neig suid, en al wat ʼn mens op die nuus sien, is skandale en verval. Die ANC wil alles beheer, maar kan niks bestuur nie."

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: "Ek wil vandag ʼn klagstaat teen die regering aan u voorhou, en dan wil ek by u hoor hoe u dink hulle op die aanklagte moet pleit, as u dink ons het genoeg bewyse. Skuldig of onskuldig?"

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys:
Klag 1: Julle hou nie die burgers van hierdie land veilig nie!
Klag 2: Julle laat die staat stuk-stuk op die koppe van die burgers inval!

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys:
Klag 3: Julle verarm ons deur jul powere ekonomiese bestuur, en wil boonop nou ons pensioenfondse tap omdat ons swaarverdiende belastinggeld klaar op en weg is!

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys:
Klag 4: Julle het die regsorde laat verval en wetteloosheid laat toeneem! Nog nie een Zupta sit in die tronk nie en protesaksie ontwrig ons lewens orals.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 5: Julle wil met al jul onwerkbare en onbekostigbare planne sowaar weer bewys dat sosialisme nie kan werk nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 6: Julle maak ʼn bespotting van die demokrasie deur verkiesings met onhaalbare beloftes van “stem vir ʼn lewe” te wen! (6+5) (Beloftes maak skuld, wat die hardwerkende belastingbetalers moet betaal.)

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 7: Julle het wit mense tweedeklasburgers gemaak deur al julle rassewette en dubbele standaarde! Julle bederf goeie persoonlike rasseverhoudinge met giftige politieke verhoudinge!

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 8: Julle tas Afrikaners se menseregte aan met planne om die Grondwet te verander vir onteiening sonder vergoeding en deur die verbreking van die Grondwet met rassewette, kulturele vandalisme van Afrikaanse skole en universiteite!
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 9: Julle regeer teen ons deur die grondwetlike ruimtes vir kulturele vryheid polities toe te stop! Lesufi en kie regeer nou ons skole in plaas daarvan dat demokratiese ouerbeheerliggame dit doen.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Klag 10: Julle steel ons kinders se hoop deur die land tot op die rand van die afgrond te regeer! Julle blameer wit jongmense vir wat gebeur het voor hulle gebore is, terwyl julle nie verantwoordelikheid aanvaar vir wat julle nou aanvang nie!
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly
@flip_buys: Die ANC verspeel ons almal se kanse. Dit is hoekom ons nie beleggers kry nie, dis hoekom maatskappye landuit trek, dis hoekom kredietgradeerders ons afgradeer, dis hoekom mense landuit gaan, en hoekom hier soveel werkloosheid en armoede heers.
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Dit is gevolglik nie ʼn wonder dat die eerste tekens van ʼn belastingopstand sigbaar word nie. Mense is siek en sat vir die straffelose plundering van swaarverdiende belastinggeld.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Belastingbetalers gaan nie net aanhou betaal as hul geld voortdurend gesteel of wanbestuur word nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Daarom gaan ons eersdaags projekte aankondig wat liggame vir munisipale dienste tot stand gaan bring om noodsaaklike dienste te lewer en wat gefinansier gaan word deur kortings op eiendomsbelasting vir diegene wat daaraan wil deelneem.
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: @afriforum se loodsprojekte hiervoor is suksesvol, en dit moet nou landswyd uitgebrei word waar munisipaliteite verval.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Om net kritiek te lewer gaan nie help nie. Al hou ons nie van die regering nie, is ons lief vir die land en wil ons help waar ons kan om dit te laat slaag. Al is ons nie vriende nie, ons hoef nie vyande te wees nie, maar kan ons vennote wees.
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Ons het min gemeenskaplike sienings, maar het baie gemeenskaplike belange soos veiligheid, ʼn groeiende ekonomie wat werk skep en armoede oplos, en ʼn werkende land wat vir almal ʼn toekoms kan bied.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: “There are few talents more richly rewarded with both power and wealth, than the ability to convince poor people that their problems are caused by people of another race.”

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Gelukkig het hulle nie daarmee geslaag nie, want hul kiesers het deur hulle gesien. Tog lê ons toekoms nie in strategiese konfrontasie met hierdie regerende rassiste nie, maar in die strategiese konsentrasie van Afrikaners.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Natuurlik moet ons nie huiwer om ons regmatige belange te beskerm nie, maar konfrontasie bly ʼn taktiese metode; nie ʼn strategiese doel nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Wie nie bereid is om ʼn beskaafde samelewing te verdedig nie, moet homself voorberei op onbeskaafde chaos en verdrukking. Om te staan vir jou regte, beteken nie ʼn opstand nie. Wie vir niks staan nie, sal vir enige iets val.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys:
Ons uitgangspunt is drieledig: Die eerste is dat ons planne nie van die regering moet afhang nie, maar van onsself. Die tweede uitgangspunt is “volksveelheid” in plaas van volkseenheid.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Daarmee bedoel ons dat ons planne voorsiening moet maak vir die hele spektrum van hoofstroom-oortuigings van Afrikaners. Die tyd is verby dat een plan op almal afgedwing kan word.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys: Daarom is ons derde uitgangspunt dat dít waaroor ons verskil ons nie hoef te verdeel nie. Maak eerder ruimte vir verskille, werk saam met dit waarmee jy saamstem sonder om dit waarmee jy verskil, teen te staan.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2.
Toekomsplan se vyf pilare:
1: •Bind: Die eerste pilaar is om Afrikaners verder saam te bind in ʼn helpmekaar-netwerk van selfhelporganisasies wat dien as die kulturele infrastruktuur vir selfbestuur.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2.
Toekomsplan se vyf pilare:
2: •Beskerm: die voortgaande beskerming van ons gemeenskap se regte en vryhede.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2.
Toekomsplan se vyf pilare:
3:•Bou: die versnelde uitbou van ons “bou om te bly”-projekte.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2.
Toekomsplan se vyf pilare:
4:• Beding: die bedinging van ʼn “kultuurakkoord” met die regering wat ons grondwetlike kulturele vryheid herbevestig

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2.
Toekomsplan se vyf pilare:
5:• Brûe: die versnelde brugbouprojekte met ander gemeenskappe in die land.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2:
Selfbestuurspiramide
1.Persoonlik vlak: Die basis van die driehoek is die beskerming en die bevordering van die Persoonlike regte en vryhede van Afrikaners, ongeag waar hulle bly.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2:
Selfbestuurspiramide
2.Instellings: Vlak twee is die uitbou van die veiligheids-, munisipale, maatskaplike, werk-, onderwys-, opleidings- en ander instellings en organisasies waarmee selfbestuur gebou word.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2:
Selfbestuurspiramide
3.Dorpe: Afrikaners in kleiner dorpe word bygestaan met dienste soos veiligheid, water, maatskaplike hulp en ander noodsaaklike dienste. Ankergebiede help hiermee.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2:
Selfbestuurspiramide
4.Ankergebiede: Die groter getalle Afrikaners in hierdie 30 stede en dorpsgebiede maak dit makliker om ’n omvattende verskeidenheid dienste daar te verskaf.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2:
Selfbestuurspiramide
5.Kantons: Die vlak van selfbestuur kan om verskillende redes waarskynlik die hoogste in drie gebiede onwikkel, naamlik in Pretoria, die Wes- of Suid-Kaap, en in die Orania-gebied.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons is almal daarvan bewus dat die regering die grondwetlike ruimtes vir kulturele vryheid polities al meer toestop.

#Toekomsberaad Image
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Mnr. Lesufi en sy geesgenote wil nie net minder Afrikaans hoor nie; hulle wil minder Afrikaners sien. Die aanval op Afrikaans is in werklikheid ʼn aanval op Afrikaners se menseregte.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Dit gaan oor veel meer as taal. Die mees basiese reg van ʼn kultuurgemeenskap is sy reg op voortbestaan.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: ʼn Aanval op ʼn gemeenskap se skole, kolleges en universiteite is in werklikheid ʼn aanval op die voortbestaan van ons as gemeenskap.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Daarom wil ons ʼn kultuurakkoord met die regering sluit wat ʼn herbevestiging moet wees van die kulturele ruimtes in die Grondwet. Ons vra nie gunste of gawes nie. Ons wil net hê wat ons toekom.

#Toekomsberaad Image
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons glo aan gelykheid en nie aan wit of swart oorheersing nie. Kom ons vat mekaar se hande in ʼn gees van wedersydse erkenning en respek, eerder as om mekaar aan die keel te probeer gryp.

#Toekomseraad Image
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ek sê weer – al is ons nie altyd vriende nie, wil ons nie vyande wees nie. Ons kan veel eerder vennote wees wat in almal se belang saamwerk.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons strewe gaan oor veel meer as taal en kultuur. Dit gaan oor vryheid, menswaardigheid en gelykheid. Daarom moet ons mekaar se vryheid beskerm, want deur iemand anders se vryheid te beskerm, beskerm jy jou eie vryheid.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Die doel bly om ons regmatige kulturele ruimtes te verbreed en te verdiep, en om die erkenning en aanvaarding van die uitoefening daarvan deur alle tersaaklike owerhede te vergemaklik.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons gaan ʼn groot nasionale en internasionale veldtog voer om steun te werf vir ʼn kultuurakkoord.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Dit is so dat veel van wat opgebou is vandag vervalle, vernietig of oorgeneem is. Ons kan egter nie net op die ashoop van wanhoop gaan sit nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Afrikaners het vandag drie toekomskeuses: die eerste is emigrasie, die tweede is om te wag dat staatsbestuur verbeter, en die derde keuse is om saam te bou aan groeiende selfbestuur.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons kies die derde weg – selfbestuur. Die eerste weg, emigrasie, bly ʼn oplossing vir enkelinge; nie vir ʼn hele volk nie. Ons wil nie dié wat trek verloor nie, maar ons wil ook nie dat hulle hul gemeenskap verloor nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Die grootste risiko is om te sit en wag dat dinge regkom, eerder as om ʼn plan te waag om dinge self reg te maak.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons moet selfbestuur bou om te bly vir die 95% wat bly. Laat ons ophou om mekaar moedeloos te praat oor dinge waaraan ons niks kan doen nie. Kom ons begeester mekaar eerder met die dinge waaraan ons wel iets kan doen.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Laat ons ophou om te kla oor dít wat sleg gaan, en laat ons ʼn toekoms bou sodat dit goed kan gaan. Laat ons nie gewoond raak aan alles wat abnormaal is in die land nie, maar laat ons bou aan ʼn normale bestaan.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Kom ons respekteer almal in die land, maar kom ons respekteer ook onsself. Kom ons skep moed en begin met die werk. Ons mag nie terugdeins nie.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Ons moet ons selfvertroue terugkry en daadwerklike oplossings vir selfbestuur ontwikkel. Ons kan, as ons wil. Waar daar ‘n wil is, word die wil die weg, het Dr Anton Rupert gesê.

#Toekomsberaad Image
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Suid-Afrika word tans deur twee omgekeerde grafieke geteister, een wat afwaarts loop en een wat opwaarts loop. Die swak staatsbestuur wat die land teister, lei terselfdertyd tot die opkoms van groeiende selfbestuur.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: 12 Doendinge:
1.Beding ʼn kultuurakkoord met die regering – werf steun daarvoor.
2.Beskerm regte, vryhede en belange.
3.Bou kulturele infrastruktuur en Afrikaanse leefruimtes vir saambestaan.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: 12 Doendinge:
4.Bind Afrikaners in ʼn Helpmekaar-netwerk van selfhelporganisasies saam.
5.Bou brûe na ander gemeenskappe en die owerhede.
6.Bewerkstellig veiligheid deur buurtwagte en ʼn veiligheidsmaatskappy.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: 12 Doendinge:
7.Werf steun internasionaal en netwerk met die Afrikaanse diaspora.
8.Voer ʼn belastingveldtog: vervul ’n waghondrol, beding kortings.
9.Werk met die Afrikaanse gemeenskap saam: die ATR, AON, MOS.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: 12 Doendinge:
10.Protesteer teen swak regering.
11.Mobiliseer kapitaal.
12.Beskerm die regsorde.

#Toekomsberaad
@flip_buys #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@flip_buys2: Baie dankie dat u saam met ons bou aan ‘n toekoms waar ons blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan leef.

#Toekomsberaad ImageImage

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(