AfriForum Profile picture
Oct 10, 2019 36 tweets 53 min read Read on X
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Jongmense het blink oë en ʼn toekoms wat wag. As daar een groot veranderlike vir die toekoms van die Afrikaner is, is dit die veerkragtigheid van Afrikaanse jongmense. Hulle bons terug. Niks kry hulle onder nie."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Hulle word groot in omstandighede wat vir ons abnormaal is en hulle gaan oplossings vir hulle tyd ontwikkel; oplossings vir probleme wat ons geslag gedink het daar nie oplossings voor is nie."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Ons mag nie, bloot omdat ons verwysingsraamwerk nie ʼn toekoms sien nie, vir jongmense sê daar is nie antwoorde nie. Ons is verantwoordelik vir ons been van die wedloop."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die geskiedenis is nie reglynig nie. Daar is ingrype in die geskiedenis met onverwagte uitkomste."

#Toekomsberaad @solidariteit Image
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die Vierde Industriële Rewolusie erodeer die mag van die sentrale staat. ʼn Onvriendelike, swak staat gaan nie meer ons toekoms bepaal nie. Dit gaan gemeenskappe in staat stel om soveel vryer van die staat te wees.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Ons is nie in ʼn normale, werkende staat nie. Staatsdienste is besig om in te plof en die gemeenskap sal al hoe meer verantwoordelikheid moet neem."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Boonop is die regering onvriendelik teenoor minderhede. Mense voel vervreem in hul eie land. Hulle voel magteloos, betekenisloos en geïsoleerd. Hulle wonder dan: Is hier ʼn toekoms?"

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Reguit lyne word vorentoe getrek en dan word mense tereg moedeloos.
Die geskiedenis hoef egter nie ʼn reguit lyn te wees nie. Daar is minstens drie faktore wat antwoorde gaan bring op die probleme waaroor ons so bekommerd is:
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die eerste is die ontwrigtende kennis van die Vierde Industriële Rewolusie. Dit gaan gepaard met die staat se mag wat swakker word en die gemeenskap se krag wat sterker word."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die tweede is die veerkragtigheid van Afrikaanse jongmense. Hulle gaan net eenvoudig terugbons."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Daar is ʼn derde faktor waarsonder die mengsel nie kan werk nie. Dit is die roepingsbewustheid van ons geslag. Ons geslag dra die verantwoordelikheid vir ons tyd."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die Afrikaner het ʼn geskiedenis van veerkragtigheid. Ná elke krisis het die Afrikaner ook teruggebons. Gaan ons die eerste geslag wees wat nie terugbons nie? Wat nie ʼn roepingsbesef het nie?"

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Ons moet doen wat ons moet doen, en dan kan ons op Sy toekomsbelofte vertrou. "

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Binne die werklikheid van die onvriendelike staat wat verswak, die nuwe moontlikhede van ontwrigtende kennis en jongmense met blink oë het Solidariteit die netwerk van werk begin. "

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Die @solidariteit NetWerk moet toesien dat die Solidariteit-ledegemeenskap, die Afrikaner-kultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap vry, veilig en voorspoedig in die werkplek is."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly
@SolidariDirk: Almal wat wil werk, moet kan werk.
ʼn Goeie werk bly die mens se grootste behoefte. Dit bepaal identiteit, gee selfvertroue, gee betekenis, gee stabiliteit en bepaal welvaart. Al is die omstandighede ook hoe moeilik, mag dit nie verloor nie.
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Ons mag dit dus nie aanvaar as mense in die werkplek geboelie word nie. Ons gaan steeds mense in die algemeen in die werkplek beskerm, maar ons gaan spesifiek optree teen rasseboelies."

#Toekomsberaad Image
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Solidariteit gaan sy wettige belastingprotesveldtog verskerp. Ons gaan baie sterk opstaan teen planne om voorgeskrewe pensioenbates te gebruik om sukkelende staatsondernemings te help en beslis ook teen die NGV.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly
@SolidariDirk: Solidariteit het pas begin om mense wat werk ook volgens hul beroep te organiseer. Oor tien jaar gaan daar ʼn reusenetwerk van beroepsgildes rondom Solidariteit georganiseer wees. Die gildes gaan jongmense help om die arbeidsmark te betree.
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly
@SolidariDirk: Ons plaas groot fokus op die jeug. Solidariteit Jeug moet jongmense toerus vir die werkplek. Binne twee jaar het s 8 000 jongmense profiele by ons geskep. Ons het ʼn spesiale loopbaanbepaler wat jongmense help met beroepskeuses.
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: As ons sê dat ons antwoorde wil bied in die inligtingsera met sy ontwrigtende kennis en as ons ernstig is om ʼn toekoms vir jongmense te bou, moet ons kennisfabrieke bou.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: n Groot deel van die Solidariteit NetWerk is dus kennisinstellings. Die @SOS_Skole moet verseker dat daar oor tien jaar wêreldklas- bekostigbare Afrikaanse openbare en onafhanklike skole is wat op ʼn Christelike grondslag berus.
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Sol-Tech het reeds 1 200 studente in die onderskeie fases van ambagsopleiding vir sewe ambagte. Sol-Tech word geag as een van die topkolleges in Suid-Afrika. Nou bou ons ʼn nuwe kampus – ʼn R300 miljoen-projek.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Ons gaan aanhou hoop gee. Die ware hoop word nie deur jou gegee nie en kan nie deur jou weggevat word nie. Dit geld vir al ons projekte. Ons doen niks snaaks nie. Ons doen wat ons moet doen.

#Toekomsberaad Image
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: @OnsAkademia het sentrums dwarsoor die land en dit gaan nog verder uitgebrei word. Tussen 30 en 40 grade word nou vir akkreditasie voorberei. Grond vir die groot nuwe kampus is reeds bekom.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: In die era van ontwrigtende kennis is lewenslange leer noodsaaklik. Dit is die taak van S-leer, ons nuwe maatskappy vir lewenslange leer.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Ons moet studente egter ook in staat stel om te studeer. Die Solidariteit Helpende Hand het reeds 5 000 studente teen ʼn bedrag van R200 miljoen gehelp. Teen 2030 wil ons die studiefonds tot R1 miljard uitbou.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Die groot vraag wat dikwels deur mense gevra word, is: Waar kom die geld vandaan? Die bedryfskoste van die instellings word deur ledegeld, die klein bydraes van baie mense, studentegeld, donasies en bemakings gefinansier.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Die eiendomsontwikkeling gaan deur ons nuwe eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, onderneem word. #Kanton se bestaansrede is om lewensruimtes vir Afrikaans te bou.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Die totale Solidariteit NetWerk gaan aan mekaar gekoppel word deur ʼn ongelooflike IT-stelsel. Dít wat Discovery met medies gedoen het, en nog beter, gaan ons met werk doen.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Ons stap die totale loopbaanpad saam met ons lede. Skole, loopbaankeuses, studiehulp, opleiding, werkvoorbereiding, internskappe, werkplasing, beroepsgildes, beskerming in die werkplek, lewenslange leer, medies, pensioen en meer.
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Die toekoms is nie reglynig nie. Die geskiedenis wys die mis kan voor die son verdwyn. Die toekoms kan antwoorde bring op kwessies waarvoor ons gedink het daar nie antwoorde is nie.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Twee groot veranderlikes gaan die toekoms positief kan verander: die ontwrigtende kennis van die Vierde Industriële Rewolusie en die veerkragtigheid van ons jongmense.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: Die derde groot veranderlike is of ons geslag die roepingsbewustheid het om te doen wat ons moet doen.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk:

Vandag se toekomsberaad is ons antwoord op daardie vraag.

Ons mag, ons kan, ons wil en ons moet.

Ons #bou om te bly.

#Toekomsberaad
@SolidariDirk @solidariteit @SOS_Skole @OnsAkademia #OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk: "Ek het gedoen wat ek moet doen op ʼn spesifieke tyd en plek, en ek het aan God se toekomsbelofte, daar waar Hy my roep, vasgehou."

#Toekomsberaad Image

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(