AfriForum Profile picture
Oct 24, 2019 15 tweets 6 min read Read on X
#OnsVervolg: ‘Onaantasbare’ Malema en Moyane in adv. Nel se visier
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, kondig aan dat sy eenheid ’n mandamus-aansoek op die NGV en die minister van justisie beteken het om die NVG deur die hof te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van EFF-leier @Julius_S_Malema
Vervolging van beweerde korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery, wat met die On-Point-skandaal verband hou. Dit volg nadat die NVG vir langer as ’n jaar versuim om sy ondernemings aan AfriForum na te kom en ’n besluit oor Malema se vervolging te neem.
#GerrieNel: het ook bekend gemaak dat AfriForum wel suksesvol druk op die NVG geplaas het om @Julius_S_Malema op twee ander klagtes van onderskeidelik aanranding en die onwettige afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied in die teenwoordigheid van 16 000 mense te vervolg.
@Julius_S_Malema #GerrieNel": “Die datum vir die opponering van die mandamus-aansoek is egter eers vir 20 Julie 2020 deur die hof op die rol geplaas."
#GerrieNel: "Deur die saak oor meer as agt maande aan te hoor, verydel die hof die doel van ’n mandamus-aansoek, aangesien ons hiermee bloot die NVG wil verplig om ’n besluit oor die vervolging van Malema te neem."
#GerrieNel: "Dít is ’n besluit wat reeds lank agterstallig is en dit laat vrae ontstaan oor die NVG se onwilligheid om daadwerklik teen Malema op te tree,” sê adv. Nel."
#OnsVervolg: Adv. Nel het ook aangekondig dat sy eenheid ’n nolle prosequi-sertifikaat bekom het om Tom Moyane, voormalige kommissaris van SARS, privaat te vervolg.
#GerrieNel: ’n Nolle prosequi-sertifikaat is bekom om Tom Moyane privaat namens Lerato Maila te vervolg op ’n klag van aanranding met die bedoeling om ernstig te beseer, asook saakbeskadiging.
#GerrieNel: Maila is die ma van Moyane se kleinkind en was tydens die beweerde voorval in ’n verhouding met Moyane se seun.
#GerrieNel: Volgens Maila het Tom Moyane haar in Mei 2018 by sy huis in Roodepoort, Gauteng aangerand deur haar op haar maag te krap, rond te stamp en in die gesig te skop.
Moyane het ook haar selfoon voor die beweerde aanranding teen ’n muur stukkend gegooi toe hy besef dat sy besig is om hom op te neem. Maila het dadelik ná die beweerde voorval haar ma gebel, wat haar aangeraai het om ’n klag by die SAPD te lê. Image
#GerrieNel: Die #NVG het egter besluit om Moyane nié te vervolg nie, omdat daar volgens die NVG nie genoeg bewyse teen hom is nie Image
#GerrieNel: “Gesien in die lig van die vlaag geweld teen vroue en kinders in die land is hierdie ’n baie belangrike saak waarby AfriForum se Privaatvervolgingseenheid moet betrokke raak. Image
#GerrieNel: Sulke beweerde gedrag is aanduidend van ’n boelie en Moyane moet eenvoudig daarvoor verantwoording doen. Die NVG se versuim om hom te vervolg, is ook ’n growwe skending van hul grondwetlike plig om geregtigheid in die samelewing na te streef,” sê adv. Nel. Image

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(