#TomMoyane: Voormalige hoof van Sars, het vandag vir die eerste keer in die Roodepoort landdroshof verskyn in die privaatvervolgingsaak teen hom. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatverolgingseenheid, vervolg Moyane in hierdie saak.
#TomMoyane: @afriforum se privaatvervolgingseenheid gaan Monyane namens Lerato Maila privaat vervolg vir die aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging ten aansien van haar selfoon.
#TomMoyane: Maila is die ma van Moyane se kleinkind en was tydens die beweerde voorval in ’n verhouding met Moyane se seun.
#TomMoyane: Volgens Maila het Tom Moyane haar op 14 Mei 2018 by sy huis in Roodepoort, Gauteng aangerand deur haar rond te stamp en in die gesig te skop.
#TomMoyane: Moyane het ook haar selfoon, voor die beweerde aanranding, teen ’n muur stukkend gegooi toe hy besef dat sy besig is om hom op te neem. Maila het dadelik ná die beweerde voorval haar ma gebel wie haar aangeraai het om ’n klag by die Honeydew-polisiestasie te lê.
#TomMoyane: Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter reeds op 23 Mei 2018 besluit om Moyane nié te vervolg nie, omdat daar volgens die NVG nie genoeg bewyse teen hom is nie.
#TomMoyane: “Die NVG se versuim om Moyane te vervolg is ’n skending van hul grondwetlike plig om geregtigheid na te streef." sê adv. Elijah Mamabolo, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.
#TomMoyane: "Inteendeel, het die NVG binne slegs nege dae besluit om nie te vervolg nie en ook nie eers met die slagoffer gekonsulteer nie.” sê adv. Elijah Mamabolo
#TomMoyane: "Die vlak van geweld teen vrouens in die land is onaanvaarbaar en die feit dat daar nie dadelik teen Moyane opgetree is nie (ten spyte van ’n prima facie saak teen hom) laat geweldslagoffers in die steek,” sê adv. Elijah Mamabolo
#TomMoyane: “Solank as wat hooggeplaaste staatsamptenare vervolging vryspring weens hul politieke invloed, is daar nie gelykheid voor die reg nie." sê Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum.
#TomMoyane: "Die privaat vervolging van Moyane is in die breër samelewing se belang. Niemand behoort verhewe bo die reg te wees nie, dit is waarom die teenwig van ’n privaatvervolgingseenheid so belangrik is,” sê Natasha Venter
#TomMoyane: Datum vir eerste verskyning van Moyane vasgestel vir 11 Desember 2019 op verskeie voorwaardes.
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
.@AfriForum geskok oor @Our_DA minister en DBO se planne om oud-Model C-skole eerste met Bela te teiken.
.@AfriForum spreek sy skok en teleurstelling uit met die bekendmaking gister (2 Desember) tydens ’n sitting van die portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys dat die DA-minister, Siviwe Gwarube, en haar departement nou skynbaar oud-Model C Afrikaanse skole eerste gaan teiken om hul taalbeleid te verander.
Volgens Alana Bailey, @AfriForum se hoof van Kultuursake, het die minister en van die amptenare van die Departement van Basiese Onderwys die afgelope tyd groot gewag gemaak van die noodsaak van moedertaalonderrig.
Appreciation that @realDonaldTrump points out injustice against #Afrikaners – however, #Afrikaners’ future lies in Africa
.@AfriForum emphasises that the executive order that US President, @realDonaldTrump, issued yesterday regarding the position of #Afrikaners in South Africa, is a direct result of President @CyrilRamaphosa and his government’s irresponsible actions and policies.
.@AfriForum expressed its great appreciation for @realDonaldTrump and the US’s recognition of the injustice to which #Afrikaners are subjected in South Africa.
Vandag hou ons ’n optog om teen die Bela-wet protes aan te teken. Ons stap vir ons kinders.
#StopBela
#LosOnsKindersUit
Die optog het begin by die Voortrekkermonument en geëindig by Freedom Park waar ons die regering sal ontmoet om ’n memorandum aan hulle te oorhandig.
Bela is ’n verbreking van die 1994-ooreenkoms. Ons wil die regering dus ontmoet by die plek wat die regering gebou het om die oorgang na ’n demokratiese bestel in 1994 te simboliseer.
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.
@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.