AfriForum Profile picture
Jan 28, 2020 17 tweets 9 min read Read on X
#DieWêreldMoetWeet: @afriforum het vandag ’n omvattende internasionale veldtog vir die beskerming van burgerregte in Suid-Afrika van stapel gestuur. Verskeie lande op bykans al die vastelande sal as deel van dié veldtog besoek word. Image
#DieWêreldMoetWeet: Brandpunte waarop daar in die besonder gefokus sal word, sluit onteiening sonder vergoeding in, asook plaasmoorde, haatspraak en die Suid-Afrikaanse regering se heldeverering van menseregteskenders. Image
#DieWêreldMoetWeet:
Die veldtog rus op drie bene:
1. Bewusmaking oor die situasie in Suid-Afrika;
#DieWêreldMoetWeet:
2. Steunwerwing onder meningsvormers, regerings en ander besluitnemers; en
#DieWêreldMoetWeet:
3. Mobilisering van die Suid-Afrikaanse diaspora en buitelanders wat ’n belang in Suid-Afrika het om tot sinvolle aksie oor te gaan.
#DieWêreldMoetWeet: @afriforum het ook vandag ’n verslag gepubliseer wat uiteensit hoe minderhede se regte op verskeie terreine in Suid-Afrika geskend word. Image
#DieWêreldMoetWeet: Dié verslag bevat inligting oor die regering se verwronge persepsie oor demokrasie, minderheidsregte en gelykheid, haatspraak teen minderhede, die aanval op minderhede se eiendomsreg en erfenis, asook die uitfasering van Afrikaans en ander minderheidstale.
#DieWêreldMoetWeet: Die Suid-Afrikaanse regering en die regerende ANC se heldeverering van sommige van die wêreld se grootste menseregteskenders en die gepaardgaande vyandigheid teenoor lande waarin menseregte in ’n groter mate beskerm word, word ook in die verslag uitgewys.
#DieWêreldMoetWeet: Die veldtog sal in Februarie met ’n besoek aan die VSA afskop, waartydens die verslag met verskeie besluitnemers in Washington, D.C. bespreek sal word.
#DieWêreldMoetWeet: Daarna sal die veldtog met verskeie internasionale bewusmakingsaksies voortgesit word, wat besoeke aan lande in Suid-Amerika, Europa, Afrika, Asië en Australië insluit.
#DieWêreldMoetWeet: @afriforum is reeds in gesprek met verskeie regerings en ander besluitnemers in hierdie lande. @afriforum is ook van voorneme om die VN te betrek deur met forums en rolspelers binne die VN te skakel met wie daar nie in die verlede gekorrespondeer is nie.
#DieWêreldMoetWeet: In aanloop tot vandag se aankondiging het AfriForum verlede week ’n klag teen President Cyril Ramaphosa en die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Lindiwe Sisulu, by die VN se spesiale rapporteur oor die situasie ingedien.
#DieWêreldMoetWeet: Dit volg vanweë hul pogings om die wêreld te oortuig dat daar nie plaasmoorde en grondgrype in Suid-Afrika is nie.
#DieWêreldMoetWeet: @ErnstRoets, hoof van beleid en aksie by @afriforum, sê dat AfriForum steeds toegewyd is om Suid-Afrika se krisisse binne-in Suid-Afrika aan te pak en dat die organisasie steeds in voortgesette gesprekvoering glo.
#DieWêreldMoetWeet: “Die praktyk in Suid-Afrika het dit egter duidelik gemaak dat die regering nie in gesprekke belangstel nie en wanneer daar wel gesprekke gevoer word, word daar bloot lippediens met betrekking tot minderhede se regte gelewer." - @ErnstRoets
#DieWêreldMoetWeet: "Ons sal aanhou om hierdie gesprekke te voer, maar ons is ook nie naïef nie. Ons verwag nie van die buiteland om Suid-Afrika se probleme namens die Suid-Afrikaanse regering op te los nie." - @ErnstRoets Image
@ErnstRoets #DieWêreldMoetWeet: "Daar is egter verskeie metodes wat aangewend kan word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om minderhede se regte meer doeltreffend te beskerm, of selfs om te waarsku oor die moontlike gevolge van destruktiewe regeringsbesluite en -aksies.” Image

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(