@afriforum, adv. Gerrie Nel verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak
@afriforum het vandag aangekondig dat sy privaatvervolgingseenheid, amptelik deur die Botswana-regering aangestel is om dié regering te verteenwoordig in ’n hoëprofielgeldwassery-en-bedrogsaak waarby sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, geïmpliseer word.
Motsepe-Radebe is president Cyril Ramaphosa se skoonsuster en Jeff Radebe se vrou.
Adv. Nel en adv. Phyllis Vorster van @afriforum se privaatvervolgingseenheid is amptelik deur adv. Stephen Tiroyakgosi, Botswana se Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV), aangestel om die Republiek van Botswana te verteenwoordig.
Die mandaat in dié saak is om die Botswana-regering se versoek om wedersydse regshulp te fasiliteer in die saak van die Bank van Botswana wat oor bedrog en geldwassery handel.
Die DOV van Botswana het reeds op 25 September 2019 ’n versoek vir wedersydse regshulp aan die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking (DIRCO) gerig, maar hierdie versoek het intussen gerieflikheidshalwe verdwyn.
Dit volg nadat Motsepe-Radebe geïdentifiseer is as ’n medeondertekenaar van twee bankrekeninge wat ’n gedeelte van die meer as R150 miljard wat na bewering van die Botswana-regering gesteel is om ’n “staatsgreep” voor die nasionale verkiesing in daardie land te finansier.
Daar is ook bewerings teen Motsepe-Radebe dat sy deur middel van Avante Security Services miljoene Botswana pula gewas het om ’n opposisiekandidaat van Mokgweetsi Eric Keabetswe Masisi, Botswana se president, te finansier.
“Die feit dat DIRCO oor nege maande geen terugvoer aan die DOV van Botswana gegee het nie, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse regering onwillig is om ons kliënt met hul versoek te help." - #GerrieNel
Ons sal ingryp en verseker dat ons kliënt die nodige samewerking van die Suid-Afrikaanse regering kry om geregtigheid te laat geskied,” sê adv. Nel.
“Dit is vir @afriforum ’n voorreg om amptelik met die Botswana-regering te kan saamwerk. Dit is noodsaaklik dat ons as mede-Afrikane – wat wil help verseker dat ons kontinent suksesvol is – alles moontlik doen om bedrog en geldwassery uit te roei. " - @kalliekriel
Ons kontinent en sub-kontinent het geweldige potensiaal wat gekortwiek word deur korrupte elite. @afriforum is daarom daartoe verbind om die Botswana-regering se hande te sterk in hierdie noodsaaklike stryd teen korrupsie,” sê @kalliekriel, uitvoerende hoof van @afriforum
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
.@AfriForum geskok oor @Our_DA minister en DBO se planne om oud-Model C-skole eerste met Bela te teiken.
.@AfriForum spreek sy skok en teleurstelling uit met die bekendmaking gister (2 Desember) tydens ’n sitting van die portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys dat die DA-minister, Siviwe Gwarube, en haar departement nou skynbaar oud-Model C Afrikaanse skole eerste gaan teiken om hul taalbeleid te verander.
Volgens Alana Bailey, @AfriForum se hoof van Kultuursake, het die minister en van die amptenare van die Departement van Basiese Onderwys die afgelope tyd groot gewag gemaak van die noodsaak van moedertaalonderrig.
Appreciation that @realDonaldTrump points out injustice against #Afrikaners – however, #Afrikaners’ future lies in Africa
.@AfriForum emphasises that the executive order that US President, @realDonaldTrump, issued yesterday regarding the position of #Afrikaners in South Africa, is a direct result of President @CyrilRamaphosa and his government’s irresponsible actions and policies.
.@AfriForum expressed its great appreciation for @realDonaldTrump and the US’s recognition of the injustice to which #Afrikaners are subjected in South Africa.
Vandag hou ons ’n optog om teen die Bela-wet protes aan te teken. Ons stap vir ons kinders.
#StopBela
#LosOnsKindersUit
Die optog het begin by die Voortrekkermonument en geëindig by Freedom Park waar ons die regering sal ontmoet om ’n memorandum aan hulle te oorhandig.
Bela is ’n verbreking van die 1994-ooreenkoms. Ons wil die regering dus ontmoet by die plek wat die regering gebou het om die oorgang na ’n demokratiese bestel in 1994 te simboliseer.
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.
@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.