AfriForum Profile picture
Jun 25, 2020 17 tweets 6 min read Read on X
.@afriforum stuur veldtog teen TMPD se magsmisbruike van stapel
@afriforum het vandag ’n omvattende veldtog teen die beweerde wangedrag en magsvergrype van sekere lede van Tshwane se metropolisiedepartement (TMPD) aangekondig.
Dié burgerregteorganisasie staan tans ook twee slagoffers van beweerde magsmisbruike deur die TMPD by.
“Kymie du Toit en prof. André Thomashausen het onder beweerde wangedrag van sekere TMPD-lede deurgeloop en niemand is nog verantwoordbaar gehou nie." - #GerrieNel Image
@afriforum het by hierdie sake betrokke geraak om toe te sien dat die betrokke TMPD-lede aan die pen ry om as voorbeelde te dien vir ander lede van die TMPD wat hul mag misbruik. Ons sal nie skroom om dié lede privaat te vervolg nie,” sê adv. #GerrieNel Image
Die veldtog bestaan uit drie dele.
Die eerste aksie het behels dat @afriforum se Privaatvervolgingseenheid ’n brief aan lt.genl. Johanna Nkomo, hoof van die TMPD, gestuur het waarin die burgerregteorganisasie versoek het dat:
(1/3) Nkomo ’n aangewysde taakspan aanstel om klagtes teen metropolisielede te ondersoek en wat lede van die publiek deurgaans kan ondersteun as hulle slagoffers van magsmisbruik deur TMPD-lede was;
(2/3) Nkomo ’n geskrewe onderneming aan @afriforum gee dat beamptes teen wie daar prima facie-bewyse van onreëlmatige optrede is sonder betaling geskors sal word; en
(3/3) skriftelike riglyne aan elke TMPD-beampte gekommunikeer word oor watter optrede gemagtig is en wat padgebruikers se regte is.
@afriforum het verder ’n stel handige wenke vir motoriste opgestel oor wat om te doen as hulle deur metropolisielede versoek word om omkoopgeld te betaal of deur beamptes se optrede geïntimideer voel. Dié riglyne is in Afrikaans, Engels en Sepedi beskikbaar.
@afriforum het ook ’n klagteplatform op sy webtuiste bekendgestel waar lede van die publiek klagtes teen TMPD-lede aan @afriforum kan stuur, asook direk aan Nkomo
Dié platform is spesifiek op wangedrag deur lede van die TMPD gemik, maar mense in ander dele van die land wat klagtes oor metropolisielede het, kan hierdie inligting ook via die platform deel.
“AfriForum het groot waardering vir metropolisie wat hul werk pligsgetrou doen en padgebruikers se veiligheid probeer verseker, maar veroordeel die beweerde gevalle van magsmisbruik en wangedrag deur sekere TMPD-lede ten sterkste" - @IanCameron23
"Die burgerregteorganisasie het dié veldtog van stapel gestuur om motoriste en padgebruikers se veiligheid te help verseker deur toe te sien dat die vrot appels in die TMPD verhoed word om die publiek verder te terroriseer,” sê @IanCameron23
.@afriforum het in sy brief aan Nkomo geëis dat die TMPD-lede in Du Toit en Thomashausen se voorvalle – teen wie daar klagtes by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ingedien is – sonder vergoeding geskors word hangende die ondersoek
"Indien dit nie gebeur nie, sal AfriForum genoop wees om die hof te nader om die TMPD te dwing om hul plig na te kom en te verseker dat die publiek teen hierdie tipe optrede beskerm word,” sluit @IanCameron23 Image

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(