AfriForum Profile picture
Sep 29, 2020 18 tweets 5 min read Read on X
.@afriforum WIL TOETREE TOT GEVAARLIKE HOFAANSOEK OOR GRONDBESETTING
.@AfriForum het op 28 September aansoek gedoen om as vriend van die hof op te tree ten einde te argumenteer teen die MRK, die EFF en ander applikante se hofaansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar.
Hierdie aansoek is teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, asook die nasionale polisiekommissaris gebring.
Eerste gedeelte van die EFF en MRK se aansoek is reeds op 25 Augustus aangehoor, die hof het beslis dat die metro verbied word om enige nedersettings te verwoes of mense van grond af te sit terwyl die land in ’n nasionale ramptoestand is tensy hulle ’n hofbevel bekom.
Indien sodanige uitsetting wel uitgevoer word ooreenkomstig ’n hofbevel, moet dit op ’n manier gedoen word wat die waardigheid van die geaffekteerde persone respekteer en hulle besittings veilig hou.
Die metro is verder gelas om boumateriaal terug te lewer, asook om R2 000 aan elke geaffekteerde persoon te betaal. Die metro het reeds aangedui dat hy teen hierdie uitspraak sou appelleer.
Die tweede gedeelte van die aansoek sal op 7 Oktober aangehoor word en sou die aansoek slaag, sal die gemeenregtelike remedies van contra-spolie ongeldig en ongrondwetlik verklaar word in soverre dit voorsiening maak vir die sloop van wonings, hetsy bewoon of onbewoon.
Dit sal verder beteken dat die slagoffers van grondbesetters vier hofbevele ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond 19 van 1998 (PIE) moet bekom voordat hulle besetters van grond kan laat verwyder.
Die aansoek het ook ten doel dat die hof verklaar die afbreek van sekere wonings deur die metro sonder ’n hofbevel is onwettig, ongeldig en onversoenbaar met die Grondwet.
.@afriforum sal in die hof aanvoer dat die bepalings van PIE slegs in werking tree wanneer grond onwettig betree is en die besetters permanent op die grond woon.
Die gewone gemeenregtelike remedies moet dus steeds geld in gevalle waar onwettige strukture in die proses is om opgerig te word of waar hierdie strukture nog nie bewoon word nie.
“Grondbesettings is nie net ’n bedreiging vir eiendomsreg nie, maar ook vir die oppergesag van die reg en vir algemene stabiliteit in die land. Individue kan nie toegelaat word om die reg op hierdie manier te omseil nie." - @ErnstRoets hoof van Beleid en Aksie by @afriforum
"Niemand mag toegelaat word om enige voordeel uit enige vorm van kriminele aktiwiteite te trek nie. Dit is wat hierdie aansoek sal bereik, sou dit slaag,” sê @ErnstRoets
.@AfriForum se locus standi is gebaseer op Artikel 38 van die Grondwet, aangesien die organisasie in belang van sy lede en in die openbare belang optree.
@AfriForum beywer hom deurentyd vir die beskerming van eiendomsreg en aangesien dringende uitsettingsbevele ingevolge PIE nie maklik toegestaan word nie, sal hierdie aansoek volgens ons regmatige grondeienaars se regte onnodig skend." - @ErnstRoets
"Selfs al word ’n dringende uitsettingsbevel ingevolge PIE toegestaan, moet dit opgevolg word deur ’n tweede uitsettingsaansoek. Dit dwing ’n grondeienaar op die ou end om vier hofaansoeke teen groot koste te bekom." - @ErnstRoets
By groot uitsettings moet privaat kontrakteurs verder teen ’n groot koste betrek word om die balju by te staan.
"Hierdie onnodige koste in gevalle waar gemeenregtelike remedies toegepas sou kon word, plaas ’n verdere las op grondeienaars om hul grond teen misdadigers te beskerm,” sluit @ErnstRoets af.

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(