40 kilometres in die tydren skof 4, en dis Henk Lategan wat 'n 6 sekonde voorsprong bo Carlos Sainz het. Stéphane Peterhansel is 12sek agter die Suid-Afrikaanse voorloper. Slegs tien motors het weggespring op die stadium. @dakar#Dakar2022@zarsg#RSGSport.
Henk nou 59sek voorsprong by kontrolepunt 80km
Giniel steek Carlos Sainz verby, twee Toyota Gazoo's nou voor in die koor by 80km kontrolepunt
En daar gaan Nasser verby Henk, nou drie Hilux'e voor😍😍😍😍😍
Tye is nie soos op renbaan waar die motors fisies verbymekaar steek nie, maar die tye aangeteken by kontrolepunt
Bekommerd dat klippe en rotse sy tol vandag kan eis, eish! wil nie eers daaraan dink nie.
Stephane Peterhansel se motor kom tot stilstand, nou al vir 10min in dieselfde posissie. Onthou sy viertrek aandrywing het eergister gekonk.
Henk Lategan daag eerste by kontrolepunt 120km op, 1min 13s voor Giniel, en 1min 47s voor carlos Sainz, waar is Nasser?🤪
OK, Nasser het opgedaag, 40sek agter Henk. @TGRSouthAfrica het nog steeds die drie bakkies voor
Jislaaik, Henk sal vir Carlos Sainz moet afskud. Carlos het tyd opgemaak en nou 2min 48sek agter hom by kontrolepunt 158km
Ek neem 'n breuk, hulle is skaars by die halfpadmerk
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
Henk Lategan het gister baie tyd verloor met wielskade, nadat hy die skof oorheers het. Hy sal vandag wil oopmaak, en het alreeds 2de by die eerste kontrolepunt aan gedoen nadat hy 16de weggespring het. Hy is 30s voor Stéphane Peterhansel, en haal Nasser in
Henk daag by die eindpunt op met vinnigste tyd. Nou die groot gewag vir andere om in te kom, voor hy as skofwenner gekroon word😍
Ek bevestig graag, Henk Lategan van @TGRSouthAfrica behaal sy eerste @dakar skofoorwinning. Hy bereik die mylpaal met 'n oop deur. Hy is al gewoond aan sy Dakar ongeluksvoël, maar vandag het die geluksgodin vir hom gewuif. @zarsg#RSGSport
Stand van sake aan die begin van Skof 5. Vir jou gerief het ek bullets gemaak oor status van deelnemers. Sien Giniel de Villiers se straftyd. @dakar#Dakar2022@zarsg#RSGSport
Dis Giniel se tweede insident met 'n motorfiets (Skof 1 en 1). Hy het eers die Chileense deelnemer César Zumaran getref en nie gestop om seker te maak hy is OK nie, en toe tref hy Marokaan Mohamedsaid Aoulad Ali, skryf sy motorfiets af. 5ure en 5min word bygetel
Posissies tans, mntl skofuitslag 3
1 Carlos Sainz Team Audi
2 Henk Lategan Toyota Gazoo
3 Stéphane Peterhansel Team Audi 4 Nani Roma RAID XTREME
5 Mattias Ekstrom Team Audi
6 Yazeed Al Rajhi Overdrive Toyota
7 Giniel De Villiers Toyota Gazoo
8 Nasser Al-Attiyah Toyota Gazoo