AfriForum Profile picture
Oct 10, 2019 24 tweets 24 min read Read on X
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "2.Die Solidariteit Beweging het besluit ons bly net hier, maar ons gaan nie stilbly of stilsit nie. Daarom gaan ons bou om te bly."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die 2030-blyplan moet uitgevoer word te midde van ʼn onvriendelike staat wat verswak. Die era van staatsbestuur is verby. Dit is nou tyd vir selfbestuur."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die plan is ʼn gemeenskapsplan. Hoe meer gemeenskap, en hoe minder staat, hoe meer vryheid is daar. Selfverantwoordelikheid beteken die toekoms is jou verantwoordelikheid. Dít is bevrydend."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Gemeenskap begin by die gesin. Gesonde gesinne is ʼn groot fokus."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Afrikaners se groot uitdaging is nie hul klein getalle nie, maar hul yl verspreiding. Groter konsentrasie is nodig. Dertig dorpe is geïdentifiseer waarheen Afrikaners natuurlikerwys trek."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Konsentrasie in plekke en instellings maak dit moontlik om gemeenskapsoplossings vir skole, opleiding, veiligheid, werk, kultuur, maatskaplike en munisipale dienste en nog te kry."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die Vierde Industriële Rewolusie en die veerkragtigheid van Afrikaanse jongmense gaan antwoorde bring op vrae waarvoor daar nie voorheen antwoorde was nie."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Ons geslag moet doen wat ons moet doen. Dit is ons verantwoordelikheid om die roeping van ons tyd te volg. Hierdie toekomsberaad is deel van ons antwoord op ons verantwoordelikheid."

#Toekomsberaad
#OpPadna2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die Solidariteit NetWerk is ʼn groepering van instellings binne die Solidariteit Beweging wat fokus op werk. Daar word die volle loopbaanpad saam met lede gestap."

#Toekomsberaad
@SolidariDirk #OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die wettige belastingprotesveldtog, asook die stryd teen die misbruik van pensioengeld en die Nasionale Gesondheidsversekering gaan verskerp word."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Die @SOS_Skole moet saam met vennote sorg dra dat daar in 2030 steeds wêreldklas- bekostigbare Afrikaanse onderwys is."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@afriforum help om die regte van skole te beskerm. Projekte soos Dink of Sink help met die ontwikkeling van kinders se kritiese denke."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@SolidariteitJeug help jongmense om gereed en voorbereid te wees om die arbeidsmark te betree en om in die mark geplaas te word. @afriforumjeug wil vervreemding teenwerk en ʼn plek bied waar jongmense soos eersteklasburgers voel."
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@soltech het reeds 1 200 studente in die onderskeie fases van opleiding wat tans vir sewe ambagte voorsiening maak. ʼn Nuwe kampus en koshuise gaan teen ʼn bedrag van R300 miljoen gebou word."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@akademia gaan sy studiesentrums landswyd uitbrei en tussen 30 en 40 nuwe grade akkrediteer. ʼn Nuwe kampus, wat 6 000 studente gaan huisves, gaan teen ʼn koste van meer as R1,5 miljard gebou word."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@sleer is verantwoordelik vir lewenslange leer. Dit plaas mense op die voorpunt van die kennisgolf. Daar word beplan om teen 2030 honderd kursusse in verskeie vaardighede aan te bied."

#Toekomsberaad19.
@SolidariDirk @sleer #OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "21.ʼn Bedrag van R8 miljard gaan in die volgende 10 jaar gemobiliseer word om al die groot projekte van die 2030-blyplan te finansier."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@afriforum se landswye takke help gemeenskappe om eienaarskap van hul omstandighede te neem. Gemeenskappe word opgelei en vermoëns word geskep om selfbestuur op plaaslike vlak toe te pas."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@afriforum se omgewingsake neem verantwoordelikheid om die reg op ʼn skoon en gesonde omgewing te laat realiseer. Dit sluit in om as waghond vir watergehalte op te tree en om te help met rioolsuiweringswerk en afvalbestuur. "
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "@maroelamedia het oor die afgelope vyf jaar gegroei tot die grootste mediagemeenskap met ʼn maandelikse unieke leserstal van ongeveer 2 miljoen. Dit groei steeds."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Kraal Uitgewers gee eietydse en geskiedkundige boeke van hoë gehalte uit. Afgesien van die uitgee van boeke gaan Kraal ook ander produkte skep of bemark om mense se liefde vir hul eie geskiedenis en kultuur aan te wakker.."
@SolidariDirk #OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Suid-Afrikaners in die buiteland word as ambassadeurs beskou. Daar bestaan reeds ʼn reuse-netwerk wêreldwyd."

#Toekomsberaad
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Raak dus betrokke op vele vlakke. Dra by. Gee ʼn bietjie. Wees ʼn vrywilliger. Sluit aan. Begin ʼn projek. Ry patrollie. Koop ʼn boek. Skryf jou kind by een van ons opleidingsinstellings in. Kies ʼn projek. Skakel in by ʼn tak."
#OpPadNa2030
#BouOmTeBly

@SolidariDirk : "Ons bou aan ʼn toekoms waarin die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap vry, veilig en voorspoedig is."

#Toekomsberaad Image

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

Aug 29, 2023
Attackers chant “Kill the Boer, kill the Farmer” before stabbing female victim with spear.
A couple from Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal were severely assaulted on their farm while their attackers shouted, “Kill the Boer, kill the Farmer”.
Four attackers forced their way into the farmhouse of Tim Platt and his wife, Amanda, during the early morning hours of 17 August. The attackers gained entry to the house by breaking down the front door and security gate, as well as a window and burglar bars. Image
Read 13 tweets
Mar 26, 2023
𝐊𝐨𝐦 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐨𝐮!
.@𝐀𝐟𝐫𝐢𝐅𝐨𝐫𝐮𝐦 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐬𝐲 𝟏𝟕𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠.
.@AfriForum is 17 jaar gelede vir die eerste keer in die media aan die publiek bekendgestel in ’n artikel wat op 26 Maart 2006 in Rapport gepubliseer is oor die stigting van ’n nuwe forum.
.@AfriForum:
- neem leiding;
- veg vir geregtigheid;
- organiseer;
- bewaar ons erfenis;
- beskerm; en
- werk na vryheid.

@AfriForum se lede maak dit alles reeds vir 17 jaar moontlik.
Read 4 tweets
Jan 25, 2023
Beeldmateriaal duik op van Kaapstadse sakeman wat sy vrou en kind aanval.
Die wrede werklikheid van geslagsgebaseerde geweld is weer blootgelê met die verskyning van skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal wat ’n man uitbeeld wat na bewering sy vrou aanrand terwyl hul dogter haar ma probeer beskerm.
.@AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree namens die ma en kind op. Die beskuldigde het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad op verskeie aanklagte van aanranding verskyn.
Read 12 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gives guidelines for installing solar energy technology for households
The civil rights organisation @AfriForum today during a media conference announced the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
The first phase focuses on short-term solutions. @AfriForum released a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum gee riglyne vir installering van sonkragtegnolgie vir huishoudings.
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die eerste fase van die organisasie se 3-fase-plan bekendgemaak om die energiekrisis in die land te help oplos. Die oorhoofse plan staan as Projek AfriEnergie bekend.
Die eerste fase fokus op korttermynoplossings. @AfriForum het ’n verslag vrygestel om die publiek en verbruikers te help met relevante inligting om die regte besluite te neem rondom kwessies soos sonpaneel-installering om meer onafhanklik van Eskom te word.
Read 17 tweets
Jan 24, 2023
.@AfriForum will on 24 January during a media conference announce the first phase of the organisation’s 3-phase plan to help solve the energy crisis in the country. The overall plan is known as Project AfriEnergy.
Phase 1 involves the launch of a report to help the public and consumers with relevant information to make the right decisions around issues such as solar panel installation to become more independent from Eskom.
Read 4 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Don't want to be a Premium member but still want to support us?

Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal

Or Donate anonymously using crypto!

Ethereum

0xfe58350B80634f60Fa6Dc149a72b4DFbc17D341E copy

Bitcoin

3ATGMxNzCUFzxpMCHL5sWSt4DVtS8UqXpi copy

Thank you for your support!

Follow Us!

:(