AfriForum Profile picture
18 Jan, 25 tweets, 6 min read
Klagtes teen formulemelk-pa laat vaar nadat @AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel.
Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ’n waaksaamheidsopdrag in hierdie saak gehad en het verlede week vertoë aan die aanklaer gerig oor waarom Le Roux nie vervolg moet word nie.
@AfriForum het ook aangekondig dat dié eenheid druk gaan toepas op, maar ook ondersteuning sal bied aan die SAPD-ondersoekspan wat getaak is met die interne ondersoek na verskeie polisielede se beweerde wangedrag in dié voorval.
Volgens @kalliekriel, uitvoerende hoof van @afriforum , verwelkom die organisasie die NVG se besluit om die klagtes teen Le Roux terug te trek.
“Dit blyk egter toenemend dat sekere wetstoepassers die inperkingsregulasies misbruik om gewone, wetsgehoorsame mense af te knou eerder as om hulle op die bekamping van ernstige misdaad toe te spits." - @kalliekriel
"Hierdie was duidelik ’n noodgeval en die polisiebeamptes se gebrek aan insig en empatie om die regulasies op ’n redelike wyse af te dwing, is werklik skokkend. Ons kan nie toelaat dat die polisie wetsgehoorsame burgers soos misdadigers behandel nie. " - @kalliekriel
"Daarom sal ons by die saak betrokke bly om toe te sien dat daadwerklike stappe teen die betrokke polisiebeamptes gedoen word.” - @kalliekriel
Adv. #GerrieNel, hoof van @AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het tydens die konferensie gesê dat die optrede van die polisie in hierdie geval tekenend is van ’n gebrek aan opleiding, asook ’n versuim om te verstaan wat die doel van die inperkingsregulasies is.
“Die doel van die regulasies is nie – soos polisieminister Bheki Cele trots aankondig, om meer as 7 000 mense met kriminele rekords te belas omdat hulle nie maskers dra nie – maar om die las op hospitale te verlig deur te verhoed dat die virus versprei.” - #GerrieNel
Daar is tydens die konferensie vertel dat mnr. Le Roux op 7 Januarie 2021 in hegtenis geneem is omdat hy die aandklokreël verbreek het om formulemelk vir sy pasgebore, honger baba by die Clicks-apteek in Unitas-hospitaal te gaan koop.
Die baba is op 6 Januarie 2021 gebore, en Le Roux se vrou, Natasha, en die baba is op 7 Januarie uit die hospitaal ontslaan.
Hoewel mev. Le Roux borsvoed, was daar later dié dag probleme met die baba se voeding en mnr. Le Roux moes Vrydagoggend omstreeks 01:00 na die noodapteek by die hospitaal ry om ’n blik melk te gaan koop.
Toe hy terugkeer, het twee SAPD-konstabels hom ongeveer 250 m van sy huis afgetrek. Hulle het geweier om na rede te luister of te begryp dat Le Roux die aandklokreël weens ’n noodgeval moes verbreek – ten spyte van die feit dat hy vir hulle die strokie en die blik melk kon wys.
Die polisiebeamptes – wat geen sigbare eieningskaarte of kentekens vertoon het nie – was volgens mnr. Le Roux baie aggressief en het hom verskeie kere beledig en mondelings geïntimideer.
Dit het geëskaleer totdat een van die beamptes na bewering gesê dat hulle op daardie aand vir Le Roux in hegtenis gaan neem en hom ’n les gaan leer.
Een van die beamptes het ook Le Roux se motorsleutels uit sy kar gepluk en pogings aangewend om hom te verhoed om opnames van die gesprek te maak.
Hulle het hom egter toegelaat om sy vrou te bel, wat die sowat 250 m te voet en met haar pasgebore baba – wat lusteloos was van die honger – na die kar moes gaan om die formulemelk te kry.
Sy het by die polisiebeamptes gepleit om haar man te laat gaan, maar hulle het bloot geweier. Hierna het een van die polisiebeamptes vir mev. Le Roux gevra of sy kan bestuur.
Sy moes toe met die pasgebore baba op haar skoot huis toe ry terwyl die beamptes haar man in hegtenis neem en in die vangwa laai.
Die beamptes het vir haar gesê dat sy agter hulle tot by die polisiekantoor kan aanry en mnr. Le Roux se borg daar kan betaal.
Mev. Le Roux het toe by die polisiestasie aangekom nadat sy hul babadogtertjie huis toe geneem en gevoed het. Die adjudant-offisier het haar egter gewaarsku om dadelik huis toe te ry, anders sou hy haar ook moes arresteer.
Sy is toe huis toe en het regshulp vir mnr. Le Roux by Lily Rautenbach bekom, wat daarin kon slaag om sy vrylating die volgende oggend te bewerkstellig.
Rautenbach het haar ondervinding goed aangewend en kon daarin slaag om Le Roux op ’n waarskuwing te laat vrylaat. Sy sal die verdere siviele eis teen die polisie hanteer.

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

18 Jan
Charges against formula milk dad dropped after @AfriForum’s private prosecution unit intervenes.
@AfriForum’s private prosecution unit announced at a media conference today that the National Prosecuting Authority (NPA) had refused to institute charges against Naas Le Roux.
Le Roux was arrested on 7 January after he had violated the curfew during an emergency to purchase formula milk for his new-born baby.
Read 24 tweets
18 Jan
Privaatvervolgingseenheid ondersteun formulemelk-pa.

@eNuus @Klankkoerant @maroelamedia @Netwerk24Berig @Beeld_Nuus @MonSpek1
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid hou vandag’n mediakonferensie oor die onlangse magsmisbruik van die SAPD
Op 7 Jan is 'n man deur 2 polisiebeamptes in hegtenis geneem is nadat hy weens ’n noodgeval die aandklokreël moes verbreek om formulemelk vir sy pasgebore baba te gaan koop.
Read 4 tweets
29 Sep 20
.@afriforum WIL TOETREE TOT GEVAARLIKE HOFAANSOEK OOR GRONDBESETTING
.@AfriForum het op 28 September aansoek gedoen om as vriend van die hof op te tree ten einde te argumenteer teen die MRK, die EFF en ander applikante se hofaansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar.
Hierdie aansoek is teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, asook die nasionale polisiekommissaris gebring.
Read 18 tweets
23 Sep 20
.@afriforum DOEN ’N BEROEP OP GEMEENSKAPPE OM HUL EIE ERFENIS TE BEWAAR ÉN BOU
Op die vooraand van Erfenisdag doen @afriforum ’n beroep op gemeenskappe om verantwoordelikheid vir die bewaring en uitbou van hulle eie erfenis te aanvaar.
Volgens Alana Bailey, @afriforum se hoof van Kultuursake, heers verskeie debatte wêreldwyd oor die betekenis van historiese erfenis, asook oor hoe dit verstaan en bewaar moet word.
Read 10 tweets
22 Sep 20
@afriforum KAP CELE OOR PRIORITISERING VAN PLAASMOORDE; VERSKERP VELDTOG
@afriforum het vandag skerp gereageer op die stelling van Bheki Cele, Minister van Polisie, dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie.
Dié burgerregteorganisasie beskryf die Minister se stelling as irrasioneel en diskriminerend.
Read 9 tweets
22 Sep 20
.@afriforum HOU NASIONALE PATROLLIE
.@afriforum het op 18 September ’n nasionale patrollie gehou om sigbaarheid reg oor die land vir ’n kort tydperk te verhoog.
Dié burgerregteorganisasie is een van die min instansies wat tans hierdie tipe projekte hou.
Read 9 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Too expensive? Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal Become our Patreon

Thank you for your support!

Follow Us on Twitter!