| .@AfriForum stel Noordwes munisipale verslag en navorsingsentrum bekend |
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering van stapel gestuur en daarmee saam die Noordwes Munisipale Indeks bekendgestel.
Dr. @EugeneBrink4, bestuurder van dié navorsingsentrum, sê Suid-Afrika verkeer al ’n wyle in ’n munisipale krisis en daarom is die soeke na antwoorde en die vervulling van ’n waghondfunksie nou belangriker as ooit.
“Minder as 10% van Suid-Afrika se munisipaliteite ontvang skoon oudits en meeste van die skoon oudits word in slegs een provinsie, naamlik die Wes-Kaap, aangeteken. Soos hierdie verslag aandui, is landelike provinsies soos Noordwes veral in die moeilikheid.”
Hy sê uit die beskikbare data is dit duidelik dat die ANC niks omgee vir dienslewering en die goeie bestuur van Noordwes se munisipaliteite nie. “Swak oudits en wanbesteding is aan die orde van die dag en verbeter eenvoudig nie.
Terwyl behuising se syfers taamlik goed lyk, is dit ’n provinsiale bevoegdheid en nie munisipaliteite s’n nie. Die toestand en gehalte van vullisterreine, vullisverwydering, drinkwater, riolering, asook die werkloosheidsvlakke dui als op ’n langstaande krisis.”
Volgens hom is die idee van die sentrum om spesialissteun vir die werksaamhede van @AfriForum Gemeenskapsake (GMS) te bied. “Die sentrum gaan plaaslikeselfbestuuropsies vir gemeenskappe ondersoek en ook navorsing doen om die ware toestand van munisipaliteite toe te lig.
Laasgenoemde sal sake soos munisipale korrupsie en dienslewering aanroer. Dit sal dus as sowel ’n intellektuele voertuig vir selfbestuur as ’n munisipale waghond optree.”
@EugeneBrink4 sê die plaaslike verkiesing vind vanjaar in ’n tyd van groot ekonomiese agteruitgang plaas. “Dit gaan reusedruk op munisipale begrotings plaas en die staat was reeds voor die COVID-19-pandemie nie in staat om als te doen nie.
Dit gaan net versleg en gemeenskappe sal noodwendig self oplossings moet soek want stem gaan nie alleenlik die antwoorde bied nie.”
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
SUKSES: SKIKKING OOR IVERMEKTIEN NOU ’N BEVEL VAN DIE HOF
@AfriForum en dr. George Coetzee het vandag ’n verdere sukses in die stryd vir toegang tot ivermektien behaal, nadat die skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met SAHPRA’n bevel van die hof gemaak is.
Dié bevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA geregistreer is.
| .@AfriForum releases North West municipal report and launches research centre |
The civil rights organisation @AfriForum today launched the Centre for Local Government during a media conference, while the North West Municipal Index was also released during the conference.
Dr. @EugeneBrink4, Manager of the research centre, says South Africa has been experiencing a municipal crisis for quite some time already and that is why the search for answers and the fulfilment of a watchdog function are now more important than ever.
Klagtes teen formulemelk-pa laat vaar nadat @AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel.
Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
Charges against formula milk dad dropped after @AfriForum’s private prosecution unit intervenes.
@AfriForum’s private prosecution unit announced at a media conference today that the National Prosecuting Authority (NPA) had refused to institute charges against Naas Le Roux.
Le Roux was arrested on 7 January after he had violated the curfew during an emergency to purchase formula milk for his new-born baby.
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid hou vandag’n mediakonferensie oor die onlangse magsmisbruik van die SAPD
Op 7 Jan is 'n man deur 2 polisiebeamptes in hegtenis geneem is nadat hy weens ’n noodgeval die aandklokreël moes verbreek om formulemelk vir sy pasgebore baba te gaan koop.
.@afriforum WIL TOETREE TOT GEVAARLIKE HOFAANSOEK OOR GRONDBESETTING
.@AfriForum het op 28 September aansoek gedoen om as vriend van die hof op te tree ten einde te argumenteer teen die MRK, die EFF en ander applikante se hofaansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar.
Hierdie aansoek is teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, asook die nasionale polisiekommissaris gebring.