SUKSES: SKIKKING OOR IVERMEKTIEN NOU ’N BEVEL VAN DIE HOF
@AfriForum en dr. George Coetzee het vandag ’n verdere sukses in die stryd vir toegang tot ivermektien behaal, nadat die skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met SAHPRA’n bevel van die hof gemaak is.
Dié bevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA geregistreer is.
Die gevolg van dié registrasie is dat ivermektien saamgestel mag word en toegang kan daartoe verkry word ingevolge artikel 14(4) van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965.
Die bevel bepaal ook dat toegang tot ingevoerde ivermektien steeds ingevolge artikel 21 van die Wet mag plaasvind.
Die bevel bepaal verder dat SAHPRA en die Minister van Gesondheid, gesamentlik en afsonderlik, altesaam ’n bydrae van R1,8 miljoen (plus BTW) tot die koste van die vier applikante-groepe sal betaal.
Omdat ’n medisyne wat ivermektien as aktiewe bestanddeel bevat nou geregistreer is en ivermektien as ’n skedule 3 middel gelys is, kan ivermektien nou vir ander gebruike as wat op die geregistreerde medisyne se etiket staan deur dokters gebruik word.
“Toegang ingevolge artikel 14(4) van die Wet beteken prakties dat dokters ivermektien aan pasiënte kan voorskryf op eie oordeel en dat geen artikel 21-aansoek of -rapportering vir saamgestelde ivermektien nodig is nie." - @bpuys6 hoof van Navorsing by @AfriForum
"Pasiënte kan dan dié voorskrif gebruik om by enige apteek waar saamgestelde ivermektien beskikbaar is, ivermektien aan te koop,” sê @bpuys6.
“Ek is baie bly dat die skikking ’n bevel van die hof gemaak is omdat dit vir dokters en pasiënte sekerheid bring,” sê dr. Coetzee.
(1/2) Die bevel bepaal verder dat SAHPRA driemaandeliks aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom ivermektien
(2/2) en dat enige party tot die aansoek deur middel van ’n kennisgewing van mosie en aanvullende verklarings die hof mag nader om regshulp in verband met die administrasie en toelating van ivermektien as ’n behandeling teen COVID-19.
Dié gedeelte van die bevel het nie deel gevorm van die oorspronklike skikking wat tussen die partye ooreengekom is nie.
Ons gee ook graag erkenning aan ons uitmuntende regspan, dr. George Coetzee en ander rolspelers soos, die Pharma Valu-apteekgroep, die I can make a difference-doktersgroep en die ACDP wat met toewyding gewerk het om toegang tot ivermektien vir burgers te verseker.

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

6 Apr
| .@AfriForum releases North West municipal report and launches research centre |
The civil rights organisation @AfriForum today launched the Centre for Local Government during a media conference, while the North West Municipal Index was also released during the conference.
Dr. @EugeneBrink4, Manager of the research centre, says South Africa has been experiencing a municipal crisis for quite some time already and that is why the search for answers and the fulfilment of a watchdog function are now more important than ever.
Read 11 tweets
6 Apr
| .@AfriForum stel Noordwes munisipale verslag en navorsingsentrum bekend |
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering van stapel gestuur en daarmee saam die Noordwes Munisipale Indeks bekendgestel.
Dr. @EugeneBrink4, bestuurder van dié navorsingsentrum, sê Suid-Afrika verkeer al ’n wyle in ’n munisipale krisis en daarom is die soeke na antwoorde en die vervulling van ’n waghondfunksie nou belangriker as ooit.
Read 10 tweets
18 Jan
Klagtes teen formulemelk-pa laat vaar nadat @AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel.
Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
Read 25 tweets
18 Jan
Charges against formula milk dad dropped after @AfriForum’s private prosecution unit intervenes.
@AfriForum’s private prosecution unit announced at a media conference today that the National Prosecuting Authority (NPA) had refused to institute charges against Naas Le Roux.
Le Roux was arrested on 7 January after he had violated the curfew during an emergency to purchase formula milk for his new-born baby.
Read 24 tweets
18 Jan
Privaatvervolgingseenheid ondersteun formulemelk-pa.

@eNuus @Klankkoerant @maroelamedia @Netwerk24Berig @Beeld_Nuus @MonSpek1
@AfriForum se privaatvervolgingseenheid hou vandag’n mediakonferensie oor die onlangse magsmisbruik van die SAPD
Op 7 Jan is 'n man deur 2 polisiebeamptes in hegtenis geneem is nadat hy weens ’n noodgeval die aandklokreël moes verbreek om formulemelk vir sy pasgebore baba te gaan koop.
Read 4 tweets
29 Sep 20
.@afriforum WIL TOETREE TOT GEVAARLIKE HOFAANSOEK OOR GRONDBESETTING
.@AfriForum het op 28 September aansoek gedoen om as vriend van die hof op te tree ten einde te argumenteer teen die MRK, die EFF en ander applikante se hofaansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof om sekere gemeenregtelike remedies teen grondbesetters ongeldig te laat verklaar.
Hierdie aansoek is teen die Kaapstad-metro, die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, asook die nasionale polisiekommissaris gebring.
Read 18 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Too expensive? Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal Become our Patreon

Thank you for your support!

Follow Us on Twitter!