Sê nou NEE vir regering wat jou vuurwapen wil vat!
Die regering kan hom vir ’n stortvloed regsoptrede en teenkanting voorberei ná wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die voorstelle het wye en woedende reaksie ontlok en word ook deur opposisiepartye en vuurwapenkenners as irrasioneel en verregaande bestempel. Uit reaksie op sosiale media is dit duidelik dat die regering hom vir massa-optrede kan voorberei.
Mense is kwaad en spreek hul uit oor die omvang van misdaad en moorde in die land asook die chaos wat heers om vuurwapenlisensies te hernu. Foto’s van die totale wanorde en gebrekkige liasseerstelsel by die sentrale vuurwapenregister se kantore was ook onlangs in omloop.
Mense braak gal oor Bheki Cele, minister van polisie, en die polisie wat nie in staat is om misdadigers aan te keer en gewone mense te beskerm nie.
Dit terwyl die polisie se begroting vir die BBP-beskermingseenheid met R2 miljard verhoog is. Daarbenewens is daar tans ’n agterstand van 250 000 in die verwerking van vuurwapenaansoeke.
Ingevolge voorgestelde wysigings sal geen persoon voortaan meer ’n vuurwapen kan koop om homself te beskerm nie. Selfverdediging sal nie meer as rede aangevoer kan word om ’n vuurwapen te besit nie.
Nie net gewone mense sal hierdeur geraak word nie, maar veral boere wat deurlopend onder gewelddadige aanvalle deurloop, sal nog meer kwesbaar en uitgelewer wees. Die voorstelle teiken ook jagters en sportskuts.
Hul getal vuurwapens sal beperk word, terwyl versamelaars geen lisensies meer sal kry nie.
Bheki Cele voer in mediaberigte aan die wysigings is nodig omdat wettige wapens in onwettiges omskep word wanneer dit gesteel word en daar gevolglik te veel “onwettige” wapens in die land in omloop is.

@afriforum gaan die konsepwysigingswet met hand en tand beveg.
“Die voorgestelde wysigings is irrasioneel, roekeloos en skokkend veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit,” sê @KamferMarnus, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die gemeenskapveiligheidsafdeling.
Die burgerregtewaghond gaan ’n omvattende veldtog begin om die drakoniese wysigings teen te staan. Kommentaar teen die voorstelle word voorberei en ’n regspan is reeds opdrag gegee om te kyk na hoe die wetgewing teengestaan kan word.
Die publiek gaan ook gehelp word om deur middel van ’n petisie hul stem hierteen duidelik te laat hoor. Besoek myvuurwapen.co.za om beswaar te maak.
Volgens @afriforum moet burgers oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm.
“Hierdie konsep, in sy huidige formaat, sal tot gevolg hê dat burgers weerloos gelaat word in ’n land waar die SAPD reeds ruiterlik erken het dat hulle nie oor die vermoë beskik om die burgers van die land teen ’n misdaadvlaag te kan verskans nie,” meen Kamfer.
Dr. @GroenewaldPJ , leier van die VF Plus, sê met ’n moordsyfer wat vyf keer hoër as die wêreldgemiddelde (sewe uit 100 000 mense as wêreldgemiddeld en 36 uit 100 000 vir Suid-Afrika) móét burgers vuurwapens besit om hulself te beskerm.

• • •

Missing some Tweet in this thread? You can try to force a refresh
 

Keep Current with AfriForum

AfriForum Profile picture

Stay in touch and get notified when new unrolls are available from this author!

Read all threads

This Thread may be Removed Anytime!

PDF

Twitter may remove this content at anytime! Save it as PDF for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video
  1. Follow @ThreadReaderApp to mention us!

  2. From a Twitter thread mention us with a keyword "unroll"
@threadreaderapp unroll

Practice here first or read more on our help page!

More from @afriforum

25 May
Minister Mkhize moet opsy staan; belastingverset dreig Image
Die burgerregteorganisasie @afriforum het vandag ’n klagte by die Openbare Beskermer ingedien en ’n beroep gedoen op dr. Zweli Mkhize, Minister van Gesondheid, om opsy te staan.
Dié organisasie wil hê dat Mkhize opsy moet staan totdat die Spesiale Ondersoekeenheid hul ondersoek afgehandel het oor sy kennis van beweerde korrupsie en plundering van openbare fondse deur onderskeidelik sy voormalige persoonlike assistent en mediawoordvoerder.
Read 8 tweets
25 May
AfriForum eis antwoorde van DIRCO oor Suid-Afrikaanse diplomaat se rekord van vernietigende gedrag afriforum.co.za/afriforum-eis-… Image
Die burgerregteorganisasie @afriforum eis antwoorde rakende die vernietigende gedrag van adv. David Kweli Nkosi, ’n Suid-Afrikaanse diplomaat, oorsee.
1/2
AfriForum se regspan het vandag ’n formele PAIA-versoek en aanmaningsbrief aan die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gestuur aangaande nuus dat Nkosi, wat na bewering skade van omtrent R714 000 in Augustus 2020
Read 7 tweets
24 May
.@afriforum BEVEG BEOOGDE WYSIGINGS AAN VUURWAPENWETGEWING
.@afriforum sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg na die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing oor die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is.
Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit.
Read 8 tweets
6 Apr
SUKSES: SKIKKING OOR IVERMEKTIEN NOU ’N BEVEL VAN DIE HOF
@AfriForum en dr. George Coetzee het vandag ’n verdere sukses in die stryd vir toegang tot ivermektien behaal, nadat die skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met SAHPRA’n bevel van die hof gemaak is.
Dié bevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA geregistreer is.
Read 14 tweets
6 Apr
| .@AfriForum releases North West municipal report and launches research centre |
The civil rights organisation @AfriForum today launched the Centre for Local Government during a media conference, while the North West Municipal Index was also released during the conference.
Dr. @EugeneBrink4, Manager of the research centre, says South Africa has been experiencing a municipal crisis for quite some time already and that is why the search for answers and the fulfilment of a watchdog function are now more important than ever.
Read 11 tweets
6 Apr
| .@AfriForum stel Noordwes munisipale verslag en navorsingsentrum bekend |
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering van stapel gestuur en daarmee saam die Noordwes Munisipale Indeks bekendgestel.
Dr. @EugeneBrink4, bestuurder van dié navorsingsentrum, sê Suid-Afrika verkeer al ’n wyle in ’n munisipale krisis en daarom is die soeke na antwoorde en die vervulling van ’n waghondfunksie nou belangriker as ooit.
Read 10 tweets

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just two indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3/month or $30/year) and get exclusive features!

Become Premium

Too expensive? Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal Become our Patreon

Thank you for your support!

Follow Us on Twitter!

:(