AfriForum eis antwoorde van DIRCO oor Suid-Afrikaanse diplomaat se rekord van vernietigende gedrag afriforum.co.za/afriforum-eis-…
Die burgerregteorganisasie @afriforum eis antwoorde rakende die vernietigende gedrag van adv. David Kweli Nkosi, ’n Suid-Afrikaanse diplomaat, oorsee.
1/2 AfriForum se regspan het vandag ’n formele PAIA-versoek en aanmaningsbrief aan die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) gestuur aangaande nuus dat Nkosi, wat na bewering skade van omtrent R714 000 in Augustus 2020
2/2 aan sy huurwoonstel in Wene agtergelaat het, ook nou van soortgelyke aantygings by sy vorige sending beskuldig word. Daar word berig dat Nkosi tot nou toe nie die R53 612 terugbetaal het vir skade aangegaan terwyl hy ’n diplomaat in Indië was nie.
AfriForum het vantevore ’n brief gestuur aan die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor en DIRCO rakende die Wene-insident, maar het nog geen antwoord ontvang nie.
“AfriForum glo ten sterkste dat die diplomaat mnr. Nkosi uit sy eie sak vir die skade moet betaal. Daar kan nie van Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag word om op te dok vir die voortgesette vernietigende optrede van ’n diplomaat nie.
Mnr. Nkosi moet verantwoordelik gehou word vir sy onaanvaarbare optrede oorsee,” sê Ernst van Zyl, AfriForum se veldtogtebeampte vir strategie en inhoud.
AfriForum wag vir ’n spoedige antwoord van DIRCO.
• • •
Missing some Tweet in this thread? You can try to
force a refresh
Minister Mkhize moet opsy staan; belastingverset dreig
Die burgerregteorganisasie @afriforum het vandag ’n klagte by die Openbare Beskermer ingedien en ’n beroep gedoen op dr. Zweli Mkhize, Minister van Gesondheid, om opsy te staan.
Dié organisasie wil hê dat Mkhize opsy moet staan totdat die Spesiale Ondersoekeenheid hul ondersoek afgehandel het oor sy kennis van beweerde korrupsie en plundering van openbare fondse deur onderskeidelik sy voormalige persoonlike assistent en mediawoordvoerder.
Sê nou NEE vir regering wat jou vuurwapen wil vat!
Die regering kan hom vir ’n stortvloed regsoptrede en teenkanting voorberei ná wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die voorstelle het wye en woedende reaksie ontlok en word ook deur opposisiepartye en vuurwapenkenners as irrasioneel en verregaande bestempel. Uit reaksie op sosiale media is dit duidelik dat die regering hom vir massa-optrede kan voorberei.
.@afriforum BEVEG BEOOGDE WYSIGINGS AAN VUURWAPENWETGEWING
.@afriforum sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg na die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing oor die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is.
Die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit.
SUKSES: SKIKKING OOR IVERMEKTIEN NOU ’N BEVEL VAN DIE HOF
@AfriForum en dr. George Coetzee het vandag ’n verdere sukses in die stryd vir toegang tot ivermektien behaal, nadat die skikking oor die samestelling en beskikbaarstelling van ivermektien met SAHPRA’n bevel van die hof gemaak is.
Dié bevel bepaal onder meer dat ’n medisyne wat ivermektien as ’n aktiewe bestanddeel bevat op 16 Maart 2021 deur SAHPRA geregistreer is.
| .@AfriForum releases North West municipal report and launches research centre |
The civil rights organisation @AfriForum today launched the Centre for Local Government during a media conference, while the North West Municipal Index was also released during the conference.
Dr. @EugeneBrink4, Manager of the research centre, says South Africa has been experiencing a municipal crisis for quite some time already and that is why the search for answers and the fulfilment of a watchdog function are now more important than ever.
| .@AfriForum stel Noordwes munisipale verslag en navorsingsentrum bekend |
Die burgerregteorganisasie @AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering van stapel gestuur en daarmee saam die Noordwes Munisipale Indeks bekendgestel.
Dr. @EugeneBrink4, bestuurder van dié navorsingsentrum, sê Suid-Afrika verkeer al ’n wyle in ’n munisipale krisis en daarom is die soeke na antwoorde en die vervulling van ’n waghondfunksie nou belangriker as ooit.