Profile picture
, 15 tweets, 2 min read Read on Twitter
Vandag by Sakeliga: ‘n openbare saakbespreking, met gasspreker prof Hennie Rossouw.

Op grond van “nuwe” en “bepalende” argumente aangevoer deur Sakeliga in die hoë hof in Pretoria kan plaaslike sakegemeenskappe waarskynlik miljoene rande se regskoste teen Eskom spaar. #Eskom
Piet le Roux: Sakeliga het in die Resilient-saak as vriend van die hof betrokke geraak met die doel om nuwe regspraak te help skep wat op nasionale vlak gemeenskappe (en veral sakelui) toegepas kan word.
Volgens Peter Wassenaar van Kriek Wassenaar & Venter - kernbelang is om te onthou dat ons hier met twee staatsinstelling te kampe het. Eskom en munisipaliteite se dispute moet dus met 'n bepaalde benadering hanteer word.
Prof. Rossouw begin sy bespreking met 'n kort uiteensetting van die beginsel van die amicus in hofsake. Dit is sy hoop dat hierdie aangeleentheid ook die gebruik van hierdie meganisme sal aanmoedig.
Prof Rossouw bemerk dat Hoofstuk 3 van die SA Grondwet grootliks verwaarloos is in die Suid-Afrikaans konstitusionele reg.
Hoofstuk 3, wat handel met intra-staatlike samewerking, was egter kern tot hierdie beslissing.
Die hoop is dat hierdie saak ook sal lei tot die verdere litigasie geskoei op hierdie beginsels.
Prof Rossouw hanteer nou die wanbestuur van Eskom - en noem dat energie neerkom op 'n saak van nasionale sekuriteit en stabiliteit. Dit wat ons beleef met Eskom illustreer hierdie punt baie duidelik.
Die belang van energieverskaffing behoort ook heeltemal duidelik te wees.
Hierdie saak is ook van belang vir die administratiefreg. Administratiefreg is seker een van die mees gelitigeerde aspekte van die Suid-Afrikaanse reg. Dit is ook van belang - aangesien kontroles in hierdie verband kern is aan die konsep van die opperheerskappy van die reg.
In hierdie verband is dit interessant om te let op die feit dat die besluit in hierdie saak as hersienbaar beslis is. Verder is dit ook van belang op die rol van die mandamus te let in aksie deur die staat of staatsentiteite af te dwing.
Dit is van groot belang dat hersiening hier ook kon geskied in terme van bepalings buite die algemene reg tot administratiewe geregtigheid.
Hierdie is 'n saak van nasionale belang - nie net vir die betrokke munisipaliteite nie. Hier is nou' n baie bepaalde plig op die nasionale owerheid om saam te werk om die probleem van disfunksionele munisipale owerhede aan te spreek.
Volgens Prof. Rossouw is die versuim om op te tree waarskynlik 'n verontagsaming van die nasionale regering se pligte in terme van Hoofstuk 3.
Hierdie saak illustreer die belang van litigasie - vordering gaan nie vanself kom nie. Dis net deur litigasie wat ons die konstitusionele orde van verweer kan beskerm.
Missing some Tweet in this thread?
You can try to force a refresh.

Like this thread? Get email updates or save it to PDF!

Subscribe to Sakeliga
Profile picture

Get real-time email alerts when new unrolls are available from this author!

This content may be removed anytime!

Twitter may remove this content at anytime, convert it as a PDF, save and print for later use!

Try unrolling a thread yourself!

how to unroll video

1) Follow Thread Reader App on Twitter so you can easily mention us!

2) Go to a Twitter thread (series of Tweets by the same owner) and mention us with a keyword "unroll" @threadreaderapp unroll

You can practice here first or read more on our help page!

Follow Us on Twitter!

Did Thread Reader help you today?

Support us! We are indie developers!


This site is made by just three indie developers on a laptop doing marketing, support and development! Read more about the story.

Become a Premium Member ($3.00/month or $30.00/year) and get exclusive features!

Become Premium

Too expensive? Make a small donation by buying us coffee ($5) or help with server cost ($10)

Donate via Paypal Become our Patreon

Thank you for your support!